Posted on

Die Olimpiese Spele skop uiteindelik op 23 Julie 2021 af.

Die hersiene datums vir die Olimpiese Spele is van 23 Julie tot 8 Augustus 2021. Daar is vanjaar vyf nuwe sportsoorte wat hul debuut by die Spele sal maak, naamlik:

  • branderplankry
  • sportklim (‘n vorm van rotsklim)
  • skaatsplankry
  • karate
  • bofbal.

Tydens die Olimpiese Spele sal 33 sportsoorte beoefen word en daar sal 339 medaljes oorhandig word.

OPDRAG: Laat jou leerders die 33 sportsoorte in die woordsoekoefening hieronder soek. Omkring dit of trek ‘n streep daardeur.

  • atletiek
  • basketbal
  • bofbal
  • boks 
  • boogskiet
  • branderplankry 
  • driekamp
  • fietsry
  • gewigoptel 
  • gholf
  • gimnastiek
  • handbal
  •  judo
  •  kanovaart
  •  karate
  •  pluimbal
  •  roei
  •  ruitersport
  •  seiljagwedvaart 
  •  sewesrugby
  •  skaatsplankry
  •  skermsport
  • skyfskiet
  •  sokker
  •  sportklim
  •  stoei
  •  taekwondo
  •  tafeltennis 
  •  tennis 
  •  veldhokkie 
  •  vlugbal
  •  vyfkamp
  • watersport

Neem dan daarna aan ‘n klasbespreking deel of gebruik die onderwerpe hieronder vir onvoorbereide mondeling:

  • Is dit ‘n goeie idee van die Olimpiese Spele Organiseringskomitee om hierdie nuwe sportsoorte by die Spele te voeg om die Spele meer aanloklik te maak vir jonger sportentoesiaste?
  • Watter ander sportsoorte sal jy as deel van die Spele wil sien? Wees kreatief, dink aan aktiwiteite wat pret is. Dalk armdruk, briekdans of selfs skaak?
  • Is daar van die sportsoorte hierbo waarin seuns beter as meisies is of meisies beter as seuns is? Waarom sê jy so?
Posted on

Hier is ‘n kans vir jou leerders om met hul Afrikaanse skryfwerk te wen!

Beeld nooi jou klas uit: “Kreatiewe siele en talentvolle skoolskrywers het die goue geleentheid om in te skryf vir Beeld se kreatiewe skryfkompetisie.”

Leerders kan ‘n verhalende, argumenterende, beskrywende of bespiegelende opstel skryf en daarmee groot pryse wen. Boonop kry die onderwysers van die wenners erkenning vir hul harde werk.

Besoek https://www.ebeeldskool.co.za/skryfkompetisie/inligting/ vir inligting, bepalings en voorwaardes.

Druk hier ‘n redigeringstabel uit om leerders te help om hul werk deeglik te redigeer.

Vir nog helder plakkate, gaan loer gerus hier.

Posted on

Hersien lag-lag vir die eksamen!

Onderwysers – Hierdie blokraai kan jou senior leerders help om Sinstrukture en Taalvorme vir die eksamen te hersien.

Dit is amper tyd vir die eksamen. Woemaboeke help jou om met ‘n blokkiesraaisel hersiening op ‘n prettige manier onder die knie te kry.

Maak seker jou leerders het hulle Afrikaanse taalreëls goed geleer en daag jou klas dan met hierdie gratis blokkiesraaisel uit.

Hier is die memo.

Posted on

Woema woeker met woorde

Woordeskat is die boublokke wanneer dit by die aanleer van ‘n taal kom.

“Woeker met Woorde” wil Afrikaans Eerste Addisionele Taal leerders op ‘n visuele manier blootstel aan nuwe woorde, die spelling daarvan en hoe die woorde gebruik word.

Laai die woord as ‘n A4 PDF hieronder af.

Gebruik dit as plakkate in jou klas wat jy gereeld kan wissel.

Maak die leerders bewus van die woorde en moedig hulle aan om dit gedurende die “leë” oomblikke in die klas te leer.  Toets dit later in die vorm van ‘n speletjie.

Moedig ook leerders aan om die woorde in sinne te gebruik.
Ons laai gereeld nuwe woorde op!




Posted on

Woemaboeke se kleurvolle plakkate bevorder die aanleer van Afrikaans EAT*.

Woemaboeke se kreatiewe inhoud is deel van Woema Werkboeke se geheim om Eerste Addisionele Taal sprekers se passie vir Afrikaans wakker te maak.

Helder jou klas vandag met plakkate op wat nie net jou klas lewendig sal maak nie, maar ook taalreëls sal opsom, feite sal oordra en ‘n glimlag op gesigte sal sit.

Plakkate kan jou leerders:

  • motiveer om ‘n positiewe houding teenoor Afrikaans EAT te kweek.
  • se leerproses vergemaklik
  • help om op een idee, feit of proses op ‘n keer te fokus.

Hier kan jy meer oor Woema se plakkate lees en bestel!

Posted on

Is jy glad met jou tong of knoop hy maklik?

Is jy glad met jou tong of knoop hy maklik?
Onderwysers, skryf namens die leerders van jou Afrikaans EAT klas in en jy en ‘n leerder kan elk R700 wen.

Wie nie waag nie …

Neem hier deel op Woemaboeke se Facebook-bladsy.

Om in te skryf:

  1. Skryf jou leerder/s se eie, oorspronklike tongknoper in die kommentaarblokkie hieronder in. Die tongknoper moet oorspronklik en in Afrikaans wees.
  2. Skryf die leerder se naam, graad en skool se naam daarby neer.
  3. Die wenner sal op @Woemaboeke EAT se Facebookbladsy bekend gemaak word. Slegs inskrywings wat deur Afrikaans EAT onderwysers ingestuur word, sal in aanmerking vir ‘n prys kom.
  4. “Like” en “share” hierdie kompetisie wyd en syd.
  5. Maak vinning! Woemaboeke se Tongknoperkompetisie sluit op 23 April 2021 om 00:00.
  6. Die wenners sal op die 7de Mei 2021 op Facebook bekend gemaak word.

Bepalings en voorwaardes:

Die volgende reëls sal vir alle kompetisies geld, tensy ander reëls spesifiek met betrekking tot ’n kompetisie verskaf word:

  1. Die volgende mense mag nie aan die kompetisies deelneem nie: ’n eienaar, lid, vennoot, werknemer of agent vir of konsultant van Woemaboeke of die promotor (enigiemand wat regstreeks of onregstreeks reklame vir die kompetisie maak, dit borg, organiseer of bestuur, of tot wie se voordeel die kompetisie gepromoveer, geborg, georganiseer of bestuur word) of enige verskaffer van goedere of dienste wat met ’n kompetisie verband hou.
  2. Die kompetisie sluit op 23 April 2021 om 00:00. Die wenner sal op
    7 Mei 2021 op Woemaboeke se Facebook-bladsy bekend gemaak word
  3. Jy mag nie deelneem of kan nie in aanmerking kom om ’n kompetisie te wen indien jy ’n kompetisie gewen het wat ons in die afgelope drie maande gepromoveer het nie.
  4. Tensy anders vermeld, word net een inskrywing per persoon toegelaat.
  5. Dit is jou verantwoordelikheid om te verseker dat enige inligting wat jy aan ons verskaf akkuraat, volledig en op datum is.
  6. Die wenner(s) stem toe dat sy/haar naam, biografiese besonderhede en betrokkenheid by die kompetisie aan die borge beskikbaar gestel word vir reklame- en prysafleweringsdoeleindes.
  7. Wenners benut die prys op hul eie risiko. Woemaboeke kan nie aanspreeklik gehou word vir enige verlies, skade, persoonlike beserings of dood wat spruit uit enigiemand se nalatigheid (waaronder, maar nie beperk nie tot growwe nalatigheid) wanneer die prys aanvaar of gebruik word nie.
  8. Daar word aanvaar dat deelnemers dié reëls aanvaar en deur middel van inskrywing instem om by die reëls te hou. Hierdie reëls is wettig en bindend vir deelnemers.
  9. Die wenners sal verwittig word deur middel van die kontakbesonderhede wat aan ons verskaf is. Indien ons of ’n derdepartyverskaffer nie ’n wenner binne sewe werkdae van die eerste kennisgewing van Woemaboeke in die hande kan kry nie, sal die wenner die prys verbeur en Woemaboeke behou die reg voor om ’n nuwe wenner onder dieselfde toestande aan te wys.
  10. Indien jy ’n prys wen wat deur ’n derdepartyverskaffer voorsien word, sal die verskaffer jou kontak om die ontvangs daarvan te reël. Alle korrespondensie insake die prys moet aan die verskaffer van die prys gerig word. Woemaboeke sal nie verantwoordelik wees vir enige verdere korrespondensie, nadeel, skade, verlies of eis met betrekking tot die verskaffing van enige element van die prys nie.
  11. Ons en ons derdepartyverskaffers, wat ook al die geval mag wees, behou die reg voor om die kompetisie en enige pryse, of enige aspek daarvan, te enige tyd sonder kennisgewing te verander, uit te stel, af te stel of te kanselleer indien daar ’n rede is wat ons noop om dit te doen. In die geval van so ’n variasie, uitstelling, afstelling of kansellasie stem jy in om enige regte, belange en verwagtings wat jy ingevolge die kompetisie het, prys te gee en om erkenning te gee dat jy dit nie van ons, ons filiale en derdepartyverskaffers sal verhaal nie.
  12. Woemaboeke en die beoordelaars se besluit oor enige kwessie wat met die kompetisie verband hou of uit hierdie bepalings en voorwaardes spruit, is finaal en bindend en geen korrespondensie sal daaroor gevoer word nie.