Posted on

Onnies – dit is tyd om te hersien!

Kry jou gratis Taaltoets en Memorandum vir die Senior Fase hier!

Hierdie oefening hersien die volgende:

  • Ontkennende vorm
  • Toekomende en verlede tyd
  • Verkleinwoorde
  • STOMPI / Woordorde
  • Indirekte rede
  • Spelling
  • Meervoudsvorme
  • Antonieme
  • Voegwoorde
  • Trappe van vergelyking
  • Intensiewe vorm
  • Samestellings

Laai jou Taaltoets hier af. Die titel van die leesstuk is “Wil jy herwin?”

Het jou klas nog hersiening nodig? Hier is hersieningsoefeninge aanlyn beskikbaar.

Ken jou klas hul werk, maar vind jy dit moeilik om jou leerders te motiveer? Lees hier vir ‘n paar wenke.

Hier is nog hersiening vir woordorde.

Posted on

Onnies, wen R1 000 met Woemaboeke Afrikaans EAT!

Laat weet ons wat jy of jou leerders die meeste uit die Woema-reeks geniet.

Neem hier deel op Woemaboeke se Facebook-bladsy

Die volgende reëls sal vir alle kompetisies geld, tensy ander reëls spesifiek met betrekking tot ’n kompetisie verskaf word:

  1. Die volgende mense mag nie aan die kompetisies deelneem nie: ’n eienaar, lid, vennoot, werknemer of agent vir of konsultant van Woemaboeke of die promotor (enigiemand wat regstreeks of onregstreeks reklame vir die kompetisie maak, dit borg, organiseer of bestuur, of tot wie se voordeel die kompetisie gepromoveer, geborg, georganiseer of bestuur word) of enige verskaffer van goedere of dienste wat met ’n kompetisie verband hou.
  2. Die kompetisie sluit op 31 Oktober 2020. Die wenner sal op
    4 November op ons Facebook-bladsy bekend gemaak word
  3. Jy mag nie deelneem of kan nie in aanmerking kom om ’n kompetisie te wen indien jy ’n kompetisie gewen het wat ons in die afgelope drie maande gepromoveer het nie.
  4. Tensy anders vermeld, word net een inskrywing per persoon toegelaat.
  5. Dit is jou verantwoordelikheid om te verseker dat enige inligting wat jy aan ons verskaf akkuraat, volledig en op datum is.
  6. Die wenner(s) stem toe dat sy/haar naam, biografiese besonderhede en betrokkenheid by die kompetisie aan die borge beskikbaar gestel word vir reklame- en prysafleweringsdoeleindes.
  7. Wenners benut die prys op hul eie risiko. Woemaboeke kan nie aanspreeklik gehou word vir enige verlies, skade, persoonlike beserings of dood wat spruit uit enigiemand se nalatigheid (waaronder, maar nie beperk nie tot growwe nalatigheid) wanneer die prys aanvaar of gebruik word nie.
  8. Daar word aanvaar dat deelnemers dié reëls aanvaar en deur middel van inskrywing instem om by die reëls te hou. Hierdie reëls is wettig en bindend vir deelnemers.
  9. Die wenners sal verwittig word deur middel van die kontakbesonderhede wat aan ons verskaf is. Indien ons of ’n derdepartyverskaffer nie ’n wenner binne sewe werkdae van die eerste kennisgewing van Woemaboeke in die hande kan kry nie, sal die wenner die prys verbeur en Woemaboeke behou die reg voor om ’n nuwe wenner onder dieselfde toestande aan te wys.
  10. Indien jy ’n prys wen wat deur ’n derdepartyverskaffer voorsien word, sal die verskaffer jou kontak om die ontvangs daarvan te reël. Alle korrespondensie insake die prys moet aan die verskaffer van die prys gerig word. Woemaboeke sal nie verantwoordelik wees vir enige verdere korrespondensie, nadeel, skade, verlies of eis met betrekking tot die verskaffing van enige element van die prys nie.
  11. Ons en ons derdepartyverskaffers, wat ook al die geval mag wees, behou die reg voor om die kompetisie en enige pryse, of enige aspek daarvan, te enige tyd sonder kennisgewing te verander, uit te stel, af te stel of te kanselleer indien daar ’n rede is wat ons noop om dit te doen. In die geval van so ’n variasie, uitstelling, afstelling of kansellasie stem jy in om enige regte, belange en verwagtings wat jy ingevolge die kompetisie het, prys te gee en om erkenning te gee dat jy dit nie van ons, ons filiale en derdepartyverskaffers sal verhaal nie.
  12. Woemaboeke en die beoordelaars se besluit oor enige kwessie wat met die kompetisie verband hou of uit hierdie bepalings en voorwaardes spruit, is finaal en bindend en geen korrespondensie sal daaroor gevoer word nie.

Posted on

Hersien soos generasie-X!

Vandag se generasie-X leerders is bekend daarvoor om op selfone te speel en aanlyn te wees.

Het jy geweet dat dit vir leerders en jou as onderwyser of ouer baie voordele inhou as leerders aanlyn hersien?


Aanlynhersiening help dat …


• leerders op hul eie pas Afrikaans Addisionele Taal baasraak.
• ouers ekstra onkostes spaar, want minder uitgawes word aan naskoolse lesse spandeer.
• tyd slim en praktiese gebruik word – leerders hersien in die gemak van hul eie huis. Dit is al bewys dat aanlynhersiening leerders help om 25% – 60% vinniger te leer.
• leerders inligting makliker en vir langer tye onthou omdat data bietjie-vir-bietjie op ‘n moderne maniere geleer word.


Woemaboeke se Graad 8 e-Kursus bied meer as 720 aanlyn taal-, begripstoetse- en woordeskatoefeninge. Elke module sluit met twee hersieningsoefeninge af.


Kry jou e-Kursus hier en begin hersien: https://bit.ly/30jpRsP.
Hou ons blad dop, die Graad 9 e-Kursus sal binnekort beskikbaar wees!

Posted on

Gratis luistertoets!

Hier is ‘n gratis luistertoets met ‘n memorandum vir jou Graad 10 Afrikaans EAT-leerders.

Luisterbegripsaktiwiteite en -assessering bied ’n geleentheid om leerders te leer hoe om te luister.

Onnies! Hieronder is ‘n raamwerk om jou klas deur die luistertoets se proses te lei:

Gaan deur die woordeskat hieronder met jou klas voordat jy die luistertoets vir jou klas speel of lees.

Woordeskat

troeteldiere – pets

mak – tame

waghonde – guard dogs

oplei – train/teach

gidshonde – guide dog

rommel – rubbish

snuffelhonde – sniffer dog

kenmerke – features

jag – to hunt

sintuie – senses

ontwikkeling – development

OF


Luister na die klankopname. Maak seker jou luidsprekers is aangeskakel.

Klankopname: ‘n Hond is die mens se beste vriend.

Het jy geweet?

Luistertoetse is ‘n vereiste van die KABV.

Maak jou lewe maklik – gaan kyk na Woema se e-Kursus hier.

Hou ons Facebook-bladsy dop. Ons Woema Graad 9 se e-Kursus sal ‘n luistertoets in elke Module hê.

Gebruik jy nog nie Woemaboeke as jou voorgeskrewe boek nie?

Lees meer hier oor die kleurvolle reeks.

Posted on

Lente woordskommel

Dis heerlike lente, die winter’s verby!

THEO W. JANDRELL en G.G. CILLIÉ – FAK

Gelukkige lentedag!

Kan jy die oefening hieronder voltooi – wat van jou klas?

Lente woordskommel

Help jou klas só om hierdie
“Tyd-vir-Pret” oefening te geniet…

‘n Woordskommel is goed vir woordeskat en spelling, maar sommige klasse kan dalk sukkel om die woorde reg te spel as hulle nie genoeg leidrade het nie.

Drie wenke om jou klas te help:

  1. Skryf op jou bord met watter letter elke woord begin [dit is reeds in donker gedruk].
  2. Gee ‘n voorbeeld soos die volgende op die bord as leidrade en vra jou klas om die woorde te voltooi:

_ _ p _ _ m _ e _

gr _ _ i

ens.

3. Vra jou klas om ‘n kort paragraaf te skryf van een of twee sinne. Hulle moet die woorde van die woordskommel gebruik om te wys hulle verstaan wat dit beteken.

Het jy geweet Woemaboeke het in elke Graad 4 – 9 Werkboek een keer per module ‘n “Tyd vir Pret” oefening waar jy en jou klas ‘n blaaskans kan neem?

Hierdie oefeninge fokus om woordeskat en taal op ‘n pret en kreatiewe manier te oefen.

Lees meer oor ons reeks hier.

Posted on

Woema se A-Z van positiewe woorde

Baie dankie vir almal se bydraes. Hier is ons plakkaat met julle positiewe woorde van A-Z:

Neem nou ‘n blaaskans saam met jou klas

Oefening 1 – Skryf

Vra jou leerders om ‘n sin te skryf  met een van die positiewe woorde op die plakkaat. Laat jou klas STOMPI gebruik as hulle met woordorde sukkel.

Oefening 2 – Mondeling

Vra jou leerders om hul gunsteling woord te kies en te motiveer hoekom hulle van die woord hou. Hulle kan ‘n kort onvoorbereide mondeling doen. Of hulle kan een of twee sinne skryf.

Posted on

Koop-‘n-Afrikaanse-Boekdag

Ondersteun ons Afrikaanse uitgewers en skrywers!

15% Afslag op alle hardekopie Woemaboeke.

Onthou Koop-‘n-Afrikaanse-Boekdag op 14 Augustus 2020.

  • Slegs geldig op hardekopie Woemaboeke wat op Vrydag, 14 Augustus bestel word.
  • Nie geldig op boeke waar afslag reeds geld nie.
  • Bestellings moet by [email protected] geplaas word.
  • Bewys van betaling moet voor 17 Augustus 2020 na [email protected] gestuur word.
Posted on

6 wenke om jou Afrikaans EAT-leerders suksesvol te motiveer

Klink dit dalk bekend: “Nie alwéér Afrikaans nie!”

Spandeer jy die grootste deel van jou les om jou klas se aandag te kry?

Dit is nie lekker as jou leerders met die intrapslag nie jou liefde vir Afrikaans deel nie. Hier is ses maniere om jou klas in ‘n japtrap te motiveer:

Gebruik visuele elemente

Dit is al bewys dat visuele elemente leer makliker kan maak. Jou klaskamer moet jou leerders inspireer. ‘n Werkboek vol kleurvolle en moderne prente sal jou klas gou laat regop sit. 

Maak só 

  • Jou leerders werk daagliks in hul teks-  en werkboeke. Maak seker jou leerders se leermateriaal maak die taak van ‘n addisionele taal aanleer makliker. Woemaboeke gebruik deurlopend volkleur prente.
  • Plakkate teen die muur is ‘n goeie bron van visuele inspirasie. Kleurvolle, opvoedkundige A2-plakkate is hier beskikbaar.

Wees relevant tot hul wêreld

Onthou dat leerders makliker oor dinge waarin húlle belangstel, gesels. 

Maak só

  • Kry jou klas aan die klets met temas wat op hulle van toepassing is. In Woemaboeke maak elke moderne module ‘n nuwe wêreld vir leerders oop.

Maak Afrikaans EAT pret

Sorg dat jou klas na Afrikaans uitsien. Leer Afrikaans speel-speel in al die grade. 

Maak só

  • Hersiening, woordbou en spelling is maar net ‘n paar onderwerpe wat deur middel van speletjies getoets kan word. In Woemaboeke word in elke module op ‘n lekker manier met woorde ‘gespeel.’

Maak dit maklik om taalstrukture en -reëls te leer

Teorie bly belangrik. Stel jou leerders vanaf die intermediêre fase af aan woordeskat bloot. Taalstrukture en -reëls sal makliker beantwoord kan word as leerders bekend is met die woordeskat wat reeds geleer is.

Maak só

  • Woemaboeke begin elke tema met woordeskat wat by die tema pas. Toets jou leerders gereeld sodat hulle gemaklik raak met nuwe woordeskat.
  • In Woemaboeke word aktiwiteite by die temas aangepas sodat leerders reeds met die woordeskat bekend is. Leerders kry op dié manier meer selfvertroue om aktiwiteite te doen.

Leerders moet Afrikaans skryf én praat

‘n Taal moet gepraat én geskryf word vir effektiewe leer. Leerders gesels gemakliker as hulle met die onderwerp bekend is.

Maak só

  • In Woemaboeke is daar spasies om direk in die boeke antwoorde neer te skryf.
  • Praat- en skryfafdelings met interessante onderwerpe sal jou klas gou aan die klets (in Afrikaans!) kry.

Hersien, hersien en hersien!

Die waarde van hersiening in enige vak kan nooit onderskat word nie. As dit nie vir hersiening was nie, is dit dalk by die een oor in en die ander oor uit…

Maak só

  • Maak seker jou klas hersien gereeld hulle werk. In Woema is daar baie drilwerk en hersieningsoefening.
  • Die Woema Graad 8 en Graad 9 e-Kursus sal jou klas help om Afrikaans EAT aanlyn te hersien.

Posted on

Hersiene 2020 Skoolkalender

Hersiene 2020 kalender

2020 was sover ‘n warboel van ‘n jaar, vol onvoorspelbare gebeure. Beplan nou die tweede helfte van die jaar met Woemaboeke se hersiene kalender.

Ons het die nuwe kalender met skoolvakansies se datums ingesluit.

Min tyd oor vir hersien?

Now students can spend time online without parents or teachers complaining because they will be doing Afrikaans in a fun and interactive manner.

Woemaboeke is die oplossing. Lees hier