Posted on

Read more here

Woema Books is more than just a textbook.

Woema Books is fresh content, creative language exercises, and aimed at teenagers.

Each Woema Book offers the following in a creative and fresh way:

• The rules and examples of language structures
• Exercises to practice language structures
• Vocabulary, language- and writing exercises/assignments
• Comprehension tests
• Poetry assignments in the Grade 6-11 Woema Books
• Creative themes that will motivate teenagers to engage in the classroom

Here are a few schools that have enjoyed Woema Books:

[one_half]

  • Brescia House Primary School
  • Bluehills College
  • Cedarwood College
  • Crawford College Lonehill
  • Crawford College Sandton
  • Curro Bloemfontein High School
  • Curro Grantleigh College
  • Curro Hazeldean High School
  • Curro Hermanus High School
  • Curro Krugersdorp High School
  • De La Salle Holy Cross
  • Drakensberg Boys Choir School
  • Eduplex
  • Elkanah House
  • FNS Fleurhof Campus
  • Future Nations Pre-Schools and Schools Lyndhurst
  • Hatfield Christian School
  • King David Primary School Linksfield
  • Kuruman Cristian Academy
  • Maragon Mooikloof
  • Maragon High School Ruimsig
  • [/one_half]

[one_half_last]

  • Midstream College
  • National School of the Arts
  • Northcliff High School
  • Reddam House Atlantic Seaboard
  • Reddford House Northcliff
  • Rooseveldt High School
  • Sacred Heart College
  • St Henry’s Marist College
  • St. Albans College, Pretoria
  • St Andrews School for Girls, Johannesburg
  • St. Dominic Catholic School for Girls
  • St. Dominic’s College Welkom
  • St. Martin’s Preparatory School
  • St. Johns College
  • St. Stithians Girls’ College
  • St. Ursula’s High School
  • The King’s School West Rand
  • Theodor Herzl School
  • Trinityhouse High School Randpark Ridge
  • Victory House
  • West Ridge High School

[/one_half_last]

Woemaboeke is on Facebook – come and join the conversation here.

Our team is proud of the free inspiration that we have to offer educators. Have a look at this page for inspiration for your class.

Posted on

Lees meer oor Woema in Afrikaans

Woemaboeke is meer as net ‘n werkboek…

Woemaboeke is vars inhoud, kreatiewe taaloefeninge en tiener-vriendelike temas.

Elke Woemaboek bied die volgende op ‘n  kreatiewe manier aan:

• Die reёls en voorbeelde van taalstrukture
• Oefeninge om taalstrukture te bemeester
• Begripstoetse
• Woordeskat, praat- en skryfopdragte
• Poёsie-opdragte in die Graad 6-11 Woema
• Temas wat op tieners gemik is en jou klas se verbeelding sal prikkel
• Pretafdelings om ʼn positiewe gesindheid teenoor Afrikaans Addisionele Taal te kweek.

Lees hier om meer oor ‘n spesifieke graad se Woema uit te vind.

Hier is ‘n paar skole wat al met Woemaboeke gewoeker het:

• Crawford College Sandton
• Curro College Hazeldean
• Curro Hazeldean College
• Curro Hermanus
• Drakensberg Boy Choir School
• Maragon, Ruimsig
• Northcliff High School
• Trinityhouse Randpark Ridge
• St Henry’s Marist College
• St. Albans College, Pretoria
• St. Johns College
• St. Stithians Girls’ College
• Trinityhouse
• St Andrews School for Girls, Johannesburg High School

Woemaboeke is op Facebook – gaan loer hier en klets saam.

Ons span is trots op die gratis inspirasie wat ons vir onnies bied. Kyk bietjie na hierdie bladsy vir motivering in die klas.

Posted on

Wen met Woemaboeke op Facebook

Tag ‘n onnie wat Afrikaans Eerste Addisionele Taal as ‘n vak aanbied en julle albei staan ‘n kans om elk ‘n PNA-geskenkbewys ter waarde van R1 000 te wen.

Wat jy kan wen:

‘n R1000 PNA-geskenkbewys vir jou en die onnie wat jy tag.

Inskrywingsmetode

Deel hierdie Facebook post en tag ‘n onnie wat Afrikaans Eerste Addisionele Taal as ‘n vak aanbied.

Inskrywingstydperk:

Vanaf 11 Mei – 11 Junie 2018.

Wie kwalifiseer om deel te neem:

Enige Suid-Afrikaanse burger kan deelneem.

Ander reëls:

  • Die wenner word lukraak aangewys deur ‘n trekking.
  • Die wenner sal via e-pos in kennis gestel word en daarna in Woemaboeke se nuusbrief aangekondig word.

 

PIKKIE PUBLIKASIES: BEPALINGS EN VOORWAARDES VIR KOMPETISIES

Die volgende reëls sal vir alle kompetisies geld, tensy ander reëls spesifiek met betrekking tot ’n kompetisie verskaf word:

  1. Die volgende mense mag nie aan die kompetisies deelneem nie: ’n eienaar, lid, vennoot, werknemer of agent vir of konsultant van Woemaboeke of die promotor (enigiemand wat regstreeks of onregstreeks reklame vir die kompetisie maak, dit borg, organiseer of bestuur, of tot wie se voordeel die kompetisie gepromoveer, geborg, georganiseer of bestuur word) of enige verskaffer van goedere of dienste wat met ’n kompetisie verband hou.
  2. Jy mag nie deelneem of kan nie in aanmerking kom om ’n kompetisie te wen indien jy ’n kompetisie gewen het wat ons in die afgelope drie maande gepromoveer het nie.
  3. Tensy anders vermeld, word net een inskrywing per persoon toegelaat.
  4. Dit is jou verantwoordelikheid om te verseker dat enige inligting wat jy aan ons verskaf akkuraat, volledig en op datum is.
  5. Die wenner(s) stem toe dat sy/haar naam, biografiese besonderhede en betrokkenheid by die kompetisie aan die borge beskikbaar gestel word vir reklame- en prysafleweringsdoeleindes.
  6. Wenners benut die prys op hul eie risiko. Woemaboeke kan nie aanspreeklik gehou word vir enige verlies, skade, persoonlike beserings of dood wat spruit uit enigiemand se nalatigheid (waaronder, maar nie beperk nie tot growwe nalatigheid) wanneer die prys aanvaar of gebruik word nie.
  7. Daar word aanvaar dat deelnemers dié reëls aanvaar en deur middel van inskrywing instem om by die reëls te hou. Hierdie reëls is wettig en bindend vir deelnemers.
  8. Die wenners sal verwittig word deur middel van die kontakbesonderhede wat aan ons verskaf is. Indien ons of ’n derdepartyverskaffer nie ’n wenner binne sewe werkdae van die eerste kennisgewing van Woemaboeke in die hande kan kry nie, sal die wenner die prys verbeur en Woemaboeke behou die reg voor om ’n nuwe wenner onder dieselfde toestande aan te wys.
  9. Indien jy ’n prys wen wat deur ’n derdepartyverskaffer voorsien word, sal die verskaffer jou kontak om die ontvangs daarvan te reël. Alle korrespondensie insake die prys moet aan die verskaffer van die prys gerig word. Woemaboeke sal nie verantwoordelik wees vir enige verdere korrespondensie, nadeel, skade, verlies of eis met betrekking tot die verskaffing van enige element van die prys nie.
  10. Ons en ons derdepartyverskaffers, wat ook al die geval mag wees, behou die reg voor om die kompetisie en enige pryse, of enige aspek daarvan, te enige tyd sonder kennisgewing te verander, uit te stel, af te stel of kanselleer indien daar ’n rede is wat ons noop om dit te doen. In die geval van so ’n variasie, uitstelling, afstelling of kansellasie stem jy in om enige regte, belange en verwagtings wat jy ingevolge die kompetisie het, prys te gee en om erkenning te gee dat jy dit nie van ons, ons filiale en derdepartyverskaffers sal verhaal nie.
  11. Woemaboeke en die beoordelaars se besluit oor enige kwessie wat met die kompetisie verband hou of uit hierdie bepalings en voorwaardes spruit, is finaal en bindend en geen korrespondensie sal daaroor gevoer word nie.
Posted on

Ons reis terug in die verlede met Woema

Ons neem ‘n terugblik en sien hoe die Woemareeks oor die laaste tien jaar ontwikkel het.

Van waar ‘n onderwyser inhoud as hulpmiddel in die klas ontwikkel het, word Woema nou in talle skole regoor Suid-Afrika gebruik. Woema ondersteun die onderwyser en leerder van Afrikaans Eerste Addisionele Taal met vars, oorspronklike inhoud en skep ‘n liefde vir Afrikaans.

Woema deur die jare…

Posted on

Die sleutel om jou geheue te verbeter kan in jou tuin gevind word!

Ons almal soek na maniere om ons geheue te verskerp en inligting te behou. Daar is heelwat voorstelle hiervoor… volg ‘n spesiale dieet, beoefen ‘n nuwe vaardigheid om jou gedagtes te verskerp of neem dieetaanvullings.

Dit is van groot belang om leerders se geheue ‘n hupstootjie te gee wanneer inligting geprosesseer en gestoor moet word.

‘n Artikel wat in huisgenoot.com gepubliseer is, vermeld dat die geheim om jou te help om beter te onthou, so maklik kan wees as om ‘n paar keer diep asem te haal.

Lees die volle artikel hieronder of lees dit aanlyn hier.

Wat help kinders onthou? Hier is die geheim!

Wil jy goed vaar in die eksamen? Ruik aan roosmaryn. Ja, nuwe navorsing toon die krui se reuk kan kinders help onthou.

Die jongste ondersoek volg op vorige navorsing wat getoon het roosmaryn kan volwassenes se geheue ’n hupstoot gee.

’n Span van die Northumbria-universiteit het 40 10- en 11-jariges vir hul ontleding bestudeer. Die groep is gevra om aan ’n klas deel te neem wat op verskillende verstandelike take gegrond is. Die skoolkinders is in verskillende vertrekke laat sit – een waarin roosmarynolie vir 10 minute versprei is en een sonder geur.

Die kinders is individueel getoets deurdat ’n navorser met die deelnemers geheuespeletjies gespeel het.

Die groep in die vertrek met roosmaryn het hoër punte as dié in die kamer sonder geur behaal.

“Ons vorige ondersoek het getoon die geur van roosmaryn vlugtige olie kan onthouvermoë by volwassenes verbeter,” sê die medeskrywer dr. Mark Moss.

“Wetend hoe belangrik ’n werkende geheue vir akademiese prestasie is, wou ons kyk of ’n soortgelyke uitwerking by skoolgaande kinders in ’n klasopset behaal kon word.

“Dit word nog debatteer hoekom en hoe roosmaryn die uitwerking het. Dit kan wees dat geure die elektriese aktiwiteit in die brein beïnvloed of dat farmakologies aktiewe verbindings geabsorbeer kan word wanneer volwassenes blootgestel word.”

Hy voeg by ’n geheue wat swak werk, word met swak akademiese prestasie verbind, en hy hoop sy bevindinge kan ’n “moontlik kostedoeltreffende, eenvoudige ingryping bied om akademiese prestasie by kinders te verbeter”. Moss wil ook nog navorsing in daardie gebied doen.

Die kenner sal sy bevindinge saam met sy navorsingsvennoot, Victoria Earle, by die Britse Sielkundige Vereginging se jaarlikse konferensie in Brighton voorlê.
– Cover Media

Posted on

Fact or Fiction?

Afrikaans ranks in the top five most spoken home languages in South Africa.

FACT!

#1: isiZulu – 22.7%,
#2: isiXhosa – 16%
#3: Afrikaans – 13.5%
#4: English – 9.6%
#5: Sepedi – 9.1

Do you need to improve your Afrikaans after reading this?
Try the following:

Good Morning – Goeiemôre
How are you? – Hoe gaan dit?
What is the time? – Hoe laat is dit?
Thank you – Baie dankie
Good-bye – Totsiens

Source:
Statssa.gov.za
African Voices