Posted on

Die rooi gevaar in jou pennesakkie!

‘n Studie* in Amerika het bevind dat wanneer ‘n rooi pen vir merkwerk gebruik word, studente ‘n negatiewe uitkyk op hul punte kan hê. Hierdie helder kleur mag as gemeen gesien word.

Waarom gebruik onnies rooi?
Rooi word deur die jare vir merkwerk gebruik omdat dit helder en leesbaar is. Rooi kommentaar op ‘n leerder se toets sorg ook dat verbeteringe en kommentaar makliker raakgesien word.

Kommunikasie is belangrik.
‘n Skool in Engeland het onnies verbied om rooi penne te gebruik. Onnies is aangeraai om eerder in groen ink te merk. Leerders moes dan met pers penne reageer. Die idee was om ‘n positiewe gesprek tussen leerders en onnies aan te moedig. Onnies is verder gevra om twee tot drie positiewe opmerkings aan die einde van vraestelle te skryf.

Moenie SKREEU nie!
Kommunikasie verander daagliks. Hoofletters kan as ongeskik gesien word omdat dit lyk of die skrywer skreeu. Volgens bogenoemde navorsing het rooi penne nou dieselfde status gekry.

Is jou hande vol rooi ink?
Daar is baie opinies oor bogenoemde siening, maar wat dink jy? Is dit ‘n positiewe versterking of beskerm ons ons leerders teen die harde realiteite van die lewe?
Laat weet ons wat jy dink!

*Om meer van Richard Dukes en Heather Albanesi se studie te lees, kliek hier.
Bronne:
Phys.org
Dailymail.co.uk 

Posted on

Nuusbrief Julie 2017

  • ONS NUWE PRYSLYS VIR 2017/2018
  • TERUGVOER VAN ONS UITSTALLING BY ITSI
  • ‘N LUSMAKER VAN ONS GRAAD 6 WOEMA
  • SÓ KAN ONS WOEMA AANLYNKURSUS JOU KLAS SE PUNTE VERBETER IN 2018
  • LEES DIE WOEMA GRAAD 7 SE RESENSIE UIT DIE ISASA-TYDSKRIF HIER
  • ONS WENNERS IS…

 

Beste Onderwyser

Die jaar is halfpad en ons glo die Woema-reeks hou jou klas lekker besig! Hiermee ‘n kort opsomming van ‘n paar hoogtepunte by Pikkie Publikasies:

ONS NUWE PRYSLYS VIR 2017/2018
Ons pryslys word hierdie tyd van die jaar hersien. Laat weet ons asseblief sou dit nie jou inboks bereik nie, dan stuur ons dit weer. Die goeie nuus is dat ons 2017/2018 pryse laer is.

TERUGVOER VAN ONS UITSTALLING BY ITSI
Ons is bly om positiewe terugvoer te gee oor ons besoek aan Kaapstad by die ITSI-Uitstalling. Ons eBoeke word op ITSI se webblad verkoop aan skole en leerders – kyk gerus hier na hulle webblad. Vanaf 2018 is ons eBoeke teen ‘n verlaagde prys beskikbaar. Ons eBoeke sal later die jaar op die WCEDePortal (Western Cape Education Department ePortal) beskikbaar wees.

‘n LUSMAKER VAN ONS GRAAD 6 WOEMA
Ons werk hard sodat ons Graad 6 Woema in 2018 op ons leerders se skoolbanke sal wees. Kontak ons vir meer inligting of ‘n klein voorsmakie daarvan. Ons beantwoord graag enige vrae!

SÓ KAN ONS WOEMA AANLYNKURSUS JOU KLAS SE PUNTE IN 2018 VERBETER
Ons het hierdie jaar die Woema Aanlynkursus amptelik geloods en hier is van die positiewe terugvoer wat ons reeds ontvang het:

The website is awesome, thank you so much. Appreciate the help. This will improve my son’s Afrikaans tremendously in a fun way (T. Hardcastle).

 

In 2018 poog ons om die kursus soos volg uit te brei:

•    Leerders kan verduidelikings by antwoorde verwag.
•    Lesse word as opsommings gegee.
•    ‘n Woordlys van die woordeskat word gegee.
•    Algemene gemengde oefeninge aan die einde van elke module.

Kontak ons vir prysplanne vir jou graad of as jy gratis na die kursus wil loer, help ons graag.

WOEMA GRAAD 7 SE RESENSIE UIT DIE ISASA-TYDSKRIF 
Het jy die ISASA-Tydskrif se herfsuitgawe gemis? Lees Woema se resensie wat daarin verskyn het hier. Hier is ‘n klein voorsmakie:

Pikkie Publications is one of South Africa’s textbook publishers that understands how to make mastering a second language easy. At the same time, Pikkie makes the job of teaching Afrikaans less daunting for educators everywhere.

 

ONS WENNERS IS
Baie dankie aan almal wat aan verlede kwartaal se Wen R500 met Woemaboeke deelgeneem het. Ons het reeds die wenners gekontak. Weer eens geluk aan:

•    Jenna Koen van De La Salle Holy Cross College
•    Cara de Heus van Bridge House
•    Georgia Marais van St. Andrew’s School for Girls

Kontak ons gerus vir enige navrae, kommentaar of terugvoer oor Woemaboeke.
Baie sterkte met die res van die kwartaal!

Vriendelike groete
Die span by Pikkie Publikasies

0860 99 5100

 

 

Posted on

Newsletter June 2017

2017/2018 PRICE LIST
GRADE 6 WOEMA BOOK – PROGRESS REPORT
INDEPENDENT EDUCATION MAGAZINE REVIEWS THE GRADE 7 WOEMA BOOK

Good day

Can you believe we’re halfway through 2017 already? Soon the orders for the next school year will be streaming in and before you know it, it’ll be festive season. Here’s the latest news from Pikkie Publikasies:

NEW 2017/2018 PRICE LIST
Please contact us for our new price list. You can breathe easy as Woema books are coming DOWN in price this year!

GRADE 6 WOEMA BOOK – PROGRESS REPORT
Our Woema Grade 6 text- and workbook will be ready for the 2018 school year. We’re working around the clock to – again – provide insightful, creative, CAPS-aligned books for younger students. If you’d like a sneak peak, please get in contact and we will arrange.

THE INDEPENDENT EDUCATION MAGAZINE REVIEWS THE GRADE 7 WOEMABOOK
You may remember we told you about a review of the Grade 7 Woema book we were expecting in the March issue of the ISASA magazine, Independent Education? Here’s what they had to say:

“Pikkie Publications is one of South Africa’s textbook publishers that understands how to make mastering a second language easy.”

In case you missed it, you can read the full review here.

Thank you for your ongoing support and please continue to share your feedback and comments on the Woema books with us.

Yours in language
The team at Pikkie Publikasies
0860 99 5100

Posted on

Tradisioneel Afrikaans: Malvapoeding

Die koue wintermaande bring ‘n eetlus vir alles soet en vertroostend.

[column col=”1/2″][/column]

[column col=”1/2″]

Malvapoeding het ‘n interessante geskiedenis. Navorsing bewys dat dit ‘n Kaap-Hollandse dis is. Malva het sy oorsprong van die gebruik van Malvaceawyn van Madeira af. Die nagereg en die nageregwyn is saam bedien na ‘n maaltyd om die Kaap-Hollandse tafels. Hierdie beroemde poeding het in 2006 op die Oprah Winfrey webwerf verskyn nadat dit bedien is by ‘The Oprah Winfrey Leadership Academy’ se eerste Kersfeesviering.
Die soet nagereg kan selfs met brandewyn gemaak word – in Engels staan dit bekend as ‘n “Tipsy tart”.

Kry vinnig die bestanddele bymekaar en proe self waaroor mense so gek is.

 

[/column]

Hulpbronne:

Bitten

Huisgenoot

Oprah