Author: Soekie
Gratis Afrikaanse Moedersdag-kaartjies
Hierdie Sondag, die 9de Mei, is Moedersdag.
Dit is om die draai!
Maak jou ma se dag spesiaal en laai vir haar ‘n gratis oulike Afrikaanse kaartjie hier af:

Skryf jou eie persoonlike boodskap vir jou ma neer.
“Like” en “share” gerus met vriende en familie.
Woema woeker met woorde
Woordeskat is die boublokke wanneer dit by die aanleer van ‘n taal kom.
“Woeker met Woorde” wil Afrikaans Eerste Addisionele Taal leerders op ‘n visuele manier blootstel aan nuwe woorde, die spelling daarvan en hoe die woorde gebruik word.
Laai die woord as ‘n A4 PDF hieronder af.
Gebruik dit as plakkate in jou klas wat jy gereeld kan wissel.
Maak die leerders bewus van die woorde en moedig hulle aan om dit gedurende die “leë” oomblikke in die klas te leer. Toets dit later in die vorm van ‘n speletjie.
Moedig ook leerders aan om die woorde in sinne te gebruik.
Ons laai gereeld nuwe woorde op!

Woemaboeke se kleurvolle plakkate bevorder die aanleer van Afrikaans EAT*.
Woemaboeke se kreatiewe inhoud is deel van Woema Werkboeke se geheim om Eerste Addisionele Taal sprekers se passie vir Afrikaans wakker te maak.
Helder jou klas vandag met plakkate op wat nie net jou klas lewendig sal maak nie, maar ook taalreëls sal opsom, feite sal oordra en ‘n glimlag op gesigte sal sit.

Plakkate kan jou leerders:
- motiveer om ‘n positiewe houding teenoor Afrikaans EAT te kweek.
- se leerproses vergemaklik
- help om op een idee, feit of proses op ‘n keer te fokus.
Hier kan jy meer oor Woema se plakkate lees en bestel!
Is jy glad met jou tong of knoop hy maklik?
Is jy glad met jou tong of knoop hy maklik?
Onderwysers, skryf namens die leerders van jou Afrikaans EAT klas in en jy en ‘n leerder kan elk R700 wen.

Neem hier deel op Woemaboeke se Facebook-bladsy.
Om in te skryf:
- Skryf jou leerder/s se eie, oorspronklike tongknoper in die kommentaarblokkie hieronder in. Die tongknoper moet oorspronklik en in Afrikaans wees.
- Skryf die leerder se naam, graad en skool se naam daarby neer.
- Die wenner sal op @Woemaboeke EAT se Facebookbladsy bekend gemaak word. Slegs inskrywings wat deur Afrikaans EAT onderwysers ingestuur word, sal in aanmerking vir ‘n prys kom.
- “Like” en “share” hierdie kompetisie wyd en syd.
- Maak vinning! Woemaboeke se Tongknoperkompetisie sluit op 23 April 2021 om 00:00.
- Die wenners sal op die 7de Mei 2021 op Facebook bekend gemaak word.
Bepalings en voorwaardes:
Die volgende reëls sal vir alle kompetisies geld, tensy ander reëls spesifiek met betrekking tot ’n kompetisie verskaf word:
- Die volgende mense mag nie aan die kompetisies deelneem nie: ’n eienaar, lid, vennoot, werknemer of agent vir of konsultant van Woemaboeke of die promotor (enigiemand wat regstreeks of onregstreeks reklame vir die kompetisie maak, dit borg, organiseer of bestuur, of tot wie se voordeel die kompetisie gepromoveer, geborg, georganiseer of bestuur word) of enige verskaffer van goedere of dienste wat met ’n kompetisie verband hou.
- Die kompetisie sluit op 23 April 2021 om 00:00. Die wenner sal op
7 Mei 2021 op Woemaboeke se Facebook-bladsy bekend gemaak word - Jy mag nie deelneem of kan nie in aanmerking kom om ’n kompetisie te wen indien jy ’n kompetisie gewen het wat ons in die afgelope drie maande gepromoveer het nie.
- Tensy anders vermeld, word net een inskrywing per persoon toegelaat.
- Dit is jou verantwoordelikheid om te verseker dat enige inligting wat jy aan ons verskaf akkuraat, volledig en op datum is.
- Die wenner(s) stem toe dat sy/haar naam, biografiese besonderhede en betrokkenheid by die kompetisie aan die borge beskikbaar gestel word vir reklame- en prysafleweringsdoeleindes.
- Wenners benut die prys op hul eie risiko. Woemaboeke kan nie aanspreeklik gehou word vir enige verlies, skade, persoonlike beserings of dood wat spruit uit enigiemand se nalatigheid (waaronder, maar nie beperk nie tot growwe nalatigheid) wanneer die prys aanvaar of gebruik word nie.
- Daar word aanvaar dat deelnemers dié reëls aanvaar en deur middel van inskrywing instem om by die reëls te hou. Hierdie reëls is wettig en bindend vir deelnemers.
- Die wenners sal verwittig word deur middel van die kontakbesonderhede wat aan ons verskaf is. Indien ons of ’n derdepartyverskaffer nie ’n wenner binne sewe werkdae van die eerste kennisgewing van Woemaboeke in die hande kan kry nie, sal die wenner die prys verbeur en Woemaboeke behou die reg voor om ’n nuwe wenner onder dieselfde toestande aan te wys.
- Indien jy ’n prys wen wat deur ’n derdepartyverskaffer voorsien word, sal die verskaffer jou kontak om die ontvangs daarvan te reël. Alle korrespondensie insake die prys moet aan die verskaffer van die prys gerig word. Woemaboeke sal nie verantwoordelik wees vir enige verdere korrespondensie, nadeel, skade, verlies of eis met betrekking tot die verskaffing van enige element van die prys nie.
- Ons en ons derdepartyverskaffers, wat ook al die geval mag wees, behou die reg voor om die kompetisie en enige pryse, of enige aspek daarvan, te enige tyd sonder kennisgewing te verander, uit te stel, af te stel of te kanselleer indien daar ’n rede is wat ons noop om dit te doen. In die geval van so ’n variasie, uitstelling, afstelling of kansellasie stem jy in om enige regte, belange en verwagtings wat jy ingevolge die kompetisie het, prys te gee en om erkenning te gee dat jy dit nie van ons, ons filiale en derdepartyverskaffers sal verhaal nie.
- Woemaboeke en die beoordelaars se besluit oor enige kwessie wat met die kompetisie verband hou of uit hierdie bepalings en voorwaardes spruit, is finaal en bindend en geen korrespondensie sal daaroor gevoer word nie.

Hersien en verbeter jou Afrikaans EAT in ‘n japtrap!
Matrieks – berei só voor vir die eindeksamen!
Onnies – dit is tyd om te hersien!

Kry jou gratis Taaltoets en Memorandum vir die Senior Fase hier!
Hierdie oefening hersien die volgende:
- Ontkennende vorm
- Toekomende en verlede tyd
- Verkleinwoorde
- STOMPI / Woordorde
- Indirekte rede
- Spelling
- Meervoudsvorme
- Antonieme
- Voegwoorde
- Trappe van vergelyking
- Intensiewe vorm
- Samestellings
Laai jou Taaltoets hier af. Die titel van die leesstuk is “Wil jy herwin?”
Het jou klas nog hersiening nodig? Hier is hersieningsoefeninge aanlyn beskikbaar.
Ken jou klas hul werk, maar vind jy dit moeilik om jou leerders te motiveer? Lees hier vir ‘n paar wenke.
Hier is nog hersiening vir woordorde.
Onnies, wen R1 000 met Woemaboeke Afrikaans EAT!
Laat weet ons wat jy of jou leerders die meeste uit die Woema-reeks geniet.

Neem hier deel op Woemaboeke se Facebook-bladsy
Die volgende reëls sal vir alle kompetisies geld, tensy ander reëls spesifiek met betrekking tot ’n kompetisie verskaf word:
- Die volgende mense mag nie aan die kompetisies deelneem nie: ’n eienaar, lid, vennoot, werknemer of agent vir of konsultant van Woemaboeke of die promotor (enigiemand wat regstreeks of onregstreeks reklame vir die kompetisie maak, dit borg, organiseer of bestuur, of tot wie se voordeel die kompetisie gepromoveer, geborg, georganiseer of bestuur word) of enige verskaffer van goedere of dienste wat met ’n kompetisie verband hou.
- Die kompetisie sluit op 31 Oktober 2020. Die wenner sal op
4 November op ons Facebook-bladsy bekend gemaak word - Jy mag nie deelneem of kan nie in aanmerking kom om ’n kompetisie te wen indien jy ’n kompetisie gewen het wat ons in die afgelope drie maande gepromoveer het nie.
- Tensy anders vermeld, word net een inskrywing per persoon toegelaat.
- Dit is jou verantwoordelikheid om te verseker dat enige inligting wat jy aan ons verskaf akkuraat, volledig en op datum is.
- Die wenner(s) stem toe dat sy/haar naam, biografiese besonderhede en betrokkenheid by die kompetisie aan die borge beskikbaar gestel word vir reklame- en prysafleweringsdoeleindes.
- Wenners benut die prys op hul eie risiko. Woemaboeke kan nie aanspreeklik gehou word vir enige verlies, skade, persoonlike beserings of dood wat spruit uit enigiemand se nalatigheid (waaronder, maar nie beperk nie tot growwe nalatigheid) wanneer die prys aanvaar of gebruik word nie.
- Daar word aanvaar dat deelnemers dié reëls aanvaar en deur middel van inskrywing instem om by die reëls te hou. Hierdie reëls is wettig en bindend vir deelnemers.
- Die wenners sal verwittig word deur middel van die kontakbesonderhede wat aan ons verskaf is. Indien ons of ’n derdepartyverskaffer nie ’n wenner binne sewe werkdae van die eerste kennisgewing van Woemaboeke in die hande kan kry nie, sal die wenner die prys verbeur en Woemaboeke behou die reg voor om ’n nuwe wenner onder dieselfde toestande aan te wys.
- Indien jy ’n prys wen wat deur ’n derdepartyverskaffer voorsien word, sal die verskaffer jou kontak om die ontvangs daarvan te reël. Alle korrespondensie insake die prys moet aan die verskaffer van die prys gerig word. Woemaboeke sal nie verantwoordelik wees vir enige verdere korrespondensie, nadeel, skade, verlies of eis met betrekking tot die verskaffing van enige element van die prys nie.
- Ons en ons derdepartyverskaffers, wat ook al die geval mag wees, behou die reg voor om die kompetisie en enige pryse, of enige aspek daarvan, te enige tyd sonder kennisgewing te verander, uit te stel, af te stel of te kanselleer indien daar ’n rede is wat ons noop om dit te doen. In die geval van so ’n variasie, uitstelling, afstelling of kansellasie stem jy in om enige regte, belange en verwagtings wat jy ingevolge die kompetisie het, prys te gee en om erkenning te gee dat jy dit nie van ons, ons filiale en derdepartyverskaffers sal verhaal nie.
- Woemaboeke en die beoordelaars se besluit oor enige kwessie wat met die kompetisie verband hou of uit hierdie bepalings en voorwaardes spruit, is finaal en bindend en geen korrespondensie sal daaroor gevoer word nie.

Hersien soos generasie-X!
Vandag se generasie-X leerders is bekend daarvoor om op selfone te speel en aanlyn te wees.
Het jy geweet dat dit vir leerders en jou as onderwyser of ouer baie voordele inhou as leerders aanlyn hersien?
Aanlynhersiening help dat …
• leerders op hul eie pas Afrikaans Addisionele Taal baasraak.
• ouers ekstra onkostes spaar, want minder uitgawes word aan naskoolse lesse spandeer.
• tyd slim en praktiese gebruik word – leerders hersien in die gemak van hul eie huis. Dit is al bewys dat aanlynhersiening leerders help om 25% – 60% vinniger te leer.
• leerders inligting makliker en vir langer tye onthou omdat data bietjie-vir-bietjie op ‘n moderne maniere geleer word.
Woemaboeke se Graad 8 e-Kursus bied meer as 720 aanlyn taal-, begripstoetse- en woordeskatoefeninge. Elke module sluit met twee hersieningsoefeninge af.
Kry jou e-Kursus hier en begin hersien: https://bit.ly/30jpRsP.
Hou ons blad dop, die Graad 9 e-Kursus sal binnekort beskikbaar wees!