Posted on

Gratis luistertoets!

Hier is ‘n gratis luistertoets met ‘n memorandum vir jou Graad 10 Afrikaans EAT-leerders.

Luisterbegripsaktiwiteite en -assessering bied ’n geleentheid om leerders te leer hoe om te luister.

Onnies! Hieronder is ‘n raamwerk om jou klas deur die luistertoets se proses te lei:

Gaan deur die woordeskat hieronder met jou klas voordat jy die luistertoets vir jou klas speel of lees.

Woordeskat

troeteldiere – pets

mak – tame

waghonde – guard dogs

oplei – train/teach

gidshonde – guide dog

rommel – rubbish

snuffelhonde – sniffer dog

kenmerke – features

jag – to hunt

sintuie – senses

ontwikkeling – development

OF


Luister na die klankopname. Maak seker jou luidsprekers is aangeskakel.

Klankopname: ‘n Hond is die mens se beste vriend.

Het jy geweet?

Luistertoetse is ‘n vereiste van die KABV.

Maak jou lewe maklik – gaan kyk na Woema se e-Kursus hier.

Hou ons Facebook-bladsy dop. Ons Woema Graad 9 se e-Kursus sal ‘n luistertoets in elke Module hê.

Gebruik jy nog nie Woemaboeke as jou voorgeskrewe boek nie?

Lees meer hier oor die kleurvolle reeks.

Posted on

Lente woordskommel

Dis heerlike lente, die winter’s verby!

THEO W. JANDRELL en G.G. CILLIÉ – FAK

Gelukkige lentedag!

Kan jy die oefening hieronder voltooi – wat van jou klas?

Lente woordskommel

Help jou klas só om hierdie
“Tyd-vir-Pret” oefening te geniet…

‘n Woordskommel is goed vir woordeskat en spelling, maar sommige klasse kan dalk sukkel om die woorde reg te spel as hulle nie genoeg leidrade het nie.

Drie wenke om jou klas te help:

  1. Skryf op jou bord met watter letter elke woord begin [dit is reeds in donker gedruk].
  2. Gee ‘n voorbeeld soos die volgende op die bord as leidrade en vra jou klas om die woorde te voltooi:

_ _ p _ _ m _ e _

gr _ _ i

ens.

3. Vra jou klas om ‘n kort paragraaf te skryf van een of twee sinne. Hulle moet die woorde van die woordskommel gebruik om te wys hulle verstaan wat dit beteken.

Het jy geweet Woemaboeke het in elke Graad 4 – 9 Werkboek een keer per module ‘n “Tyd vir Pret” oefening waar jy en jou klas ‘n blaaskans kan neem?

Hierdie oefeninge fokus om woordeskat en taal op ‘n pret en kreatiewe manier te oefen.

Lees meer oor ons reeks hier.

Posted on

Woema se A-Z van positiewe woorde

Baie dankie vir almal se bydraes. Hier is ons plakkaat met julle positiewe woorde van A-Z:

Neem nou ‘n blaaskans saam met jou klas

Oefening 1 – Skryf

Vra jou leerders om ‘n sin te skryf  met een van die positiewe woorde op die plakkaat. Laat jou klas STOMPI gebruik as hulle met woordorde sukkel.

Oefening 2 – Mondeling

Vra jou leerders om hul gunsteling woord te kies en te motiveer hoekom hulle van die woord hou. Hulle kan ‘n kort onvoorbereide mondeling doen. Of hulle kan een of twee sinne skryf.

Posted on

Koop-‘n-Afrikaanse-Boekdag

Ondersteun ons Afrikaanse uitgewers en skrywers!

15% Afslag op alle hardekopie Woemaboeke.

Onthou Koop-‘n-Afrikaanse-Boekdag op 14 Augustus 2020.

  • Slegs geldig op hardekopie Woemaboeke wat op Vrydag, 14 Augustus bestel word.
  • Nie geldig op boeke waar afslag reeds geld nie.
  • Bestellings moet by [email protected] geplaas word.
  • Bewys van betaling moet voor 17 Augustus 2020 na [email protected] gestuur word.
Posted on

6 wenke om jou Afrikaans EAT-leerders suksesvol te motiveer

Klink dit dalk bekend: “Nie alwéér Afrikaans nie!”

Spandeer jy die grootste deel van jou les om jou klas se aandag te kry?

Dit is nie lekker as jou leerders met die intrapslag nie jou liefde vir Afrikaans deel nie. Hier is ses maniere om jou klas in ‘n japtrap te motiveer:

Gebruik visuele elemente

Dit is al bewys dat visuele elemente leer makliker kan maak. Jou klaskamer moet jou leerders inspireer. ‘n Werkboek vol kleurvolle en moderne prente sal jou klas gou laat regop sit. 

Maak só 

  • Jou leerders werk daagliks in hul teks-  en werkboeke. Maak seker jou leerders se leermateriaal maak die taak van ‘n addisionele taal aanleer makliker. Woemaboeke gebruik deurlopend volkleur prente.
  • Plakkate teen die muur is ‘n goeie bron van visuele inspirasie. Kleurvolle, opvoedkundige A2-plakkate is hier beskikbaar.

Wees relevant tot hul wêreld

Onthou dat leerders makliker oor dinge waarin húlle belangstel, gesels. 

Maak só

  • Kry jou klas aan die klets met temas wat op hulle van toepassing is. In Woemaboeke maak elke moderne module ‘n nuwe wêreld vir leerders oop.

Maak Afrikaans EAT pret

Sorg dat jou klas na Afrikaans uitsien. Leer Afrikaans speel-speel in al die grade. 

Maak só

  • Hersiening, woordbou en spelling is maar net ‘n paar onderwerpe wat deur middel van speletjies getoets kan word. In Woemaboeke word in elke module op ‘n lekker manier met woorde ‘gespeel.’

Maak dit maklik om taalstrukture en -reëls te leer

Teorie bly belangrik. Stel jou leerders vanaf die intermediêre fase af aan woordeskat bloot. Taalstrukture en -reëls sal makliker beantwoord kan word as leerders bekend is met die woordeskat wat reeds geleer is.

Maak só

  • Woemaboeke begin elke tema met woordeskat wat by die tema pas. Toets jou leerders gereeld sodat hulle gemaklik raak met nuwe woordeskat.
  • In Woemaboeke word aktiwiteite by die temas aangepas sodat leerders reeds met die woordeskat bekend is. Leerders kry op dié manier meer selfvertroue om aktiwiteite te doen.

Leerders moet Afrikaans skryf én praat

‘n Taal moet gepraat én geskryf word vir effektiewe leer. Leerders gesels gemakliker as hulle met die onderwerp bekend is.

Maak só

  • In Woemaboeke is daar spasies om direk in die boeke antwoorde neer te skryf.
  • Praat- en skryfafdelings met interessante onderwerpe sal jou klas gou aan die klets (in Afrikaans!) kry.

Hersien, hersien en hersien!

Die waarde van hersiening in enige vak kan nooit onderskat word nie. As dit nie vir hersiening was nie, is dit dalk by die een oor in en die ander oor uit…

Maak só

  • Maak seker jou klas hersien gereeld hulle werk. In Woema is daar baie drilwerk en hersieningsoefening.
  • Die Woema Graad 8 en Graad 9 e-Kursus sal jou klas help om Afrikaans EAT aanlyn te hersien.

Posted on

Hersiene 2020 Skoolkalender

Hersiene 2020 kalender

2020 was sover ‘n warboel van ‘n jaar, vol onvoorspelbare gebeure. Beplan nou die tweede helfte van die jaar met Woemaboeke se hersiene kalender.

Ons het die nuwe kalender met skoolvakansies se datums ingesluit.

Min tyd oor vir hersien?

Now students can spend time online without parents or teachers complaining because they will be doing Afrikaans in a fun and interactive manner.

Woemaboeke is die oplossing. Lees hier

Posted on

Blokkiesraaisel

Afrikaans EAT onnie!

Woemaboeke motiveer leerders al vanaf 2012. Hierdie kreatiewe reeks werkboeke en onderwysgidse vir Afrikaans EAT is vanaf Graad 4 – 12 beskikbaar.

Ons boeke is pret en prakties, maar teorie bly belangrik.

Stel jou leerders vanaf die intermediêre fase af aan woordeskat bloot.

Taalstrukture en -reëls sal makliker beantwoord kan word as leerders bekend is met die woordeskat wat reeds geleer is.

Laai hier ‘n gratis blokraai en memorandum oor persoonsname af. Dit kan as ‘n goeie hersieningsoefening vir hoërskool Afrikaans EAT leerders gebruik word.

Posted on

Watter idioom pas by watter prent?

Ken jy jou idiome?

Idiome maak Afrikaans kleurvol en skryfwerk kreatief.

Instruksie aan klas: Kyk mooi na die prentjies hieronder.

Lees die idiome en betekenis daarvan. Bespreek watter prent pas by watter idioom en hoekom.

Wenk: Vir die intermediêre fase, kan jy voor die oefening ‘n paar woorde neerskryf om jou leerders met woordeskat te help.

Vir nog kleurvolle plakkate, kliek hier.

Posted on

Gratis Afrikaanse Vadersdagkaartjies

Druk hierdie oulike, hoëresolusie Vadersdagkaartjies gratis uit.

Kies ‘n kaartjie en laai dit hier af:

Skryf jou eie persoonlike boodskap vir jou pa neer.

Onthou om eers jou kaartjie te vou!

Ons wys jou hier hoe om dit te vou.

Persoonlike kaartjie

Teken gesigte of plak ‘n foto van jou gesig op die oop spasies.

Kaartjie 6

Jy kan ook vingerafdrukke met ink druk om jou kaartjie meer persoonlik te maak.