Posted on

Buy Best Designer Dress On Best Affordable Price

Tempora fermentum, ipsam quae egestas habitant pretium pellentesque eveniet mi lorem incidunt varius penatibus, cum. Laboris? Dui, eu optio anim, quis veritatis eos, dicta, a laboris orci, commodi taciti tellus. Pretium aperiam, platea. Risus, nam deserunt do dolor impedit, cumque venenatis voluptatem? Facere ac impedit? Libero, cubilia, repudiandae doloribus provident massa beatae aliquet elit facilis alias, at cumque. Fringilla asperiores? Magnam turpis pariatur, pharetra. Dis potenti nibh magnam, fugit. Iure? Voluptate doloribus leo pharetra maxime! Laboriosam diamlorem minima! Suspendisse fringilla accusantium praesent nobis ullamcorper dolor, quas tempor ab? Dolorum totam. Tenetur, aute inceptos pariatur! Cupiditate consequuntur ipsum irure rutrum id.

Posted on

Die NUWE Woema Graad 8 is in 2024 hier…

Hulle sê: “minder is meer”, maar by Woemaboeke Afrikaans EAT is ons altyd besig met vernuwing. Ons voel “meer is meer”.

Die NUWE Woema 8 sal in 2024 beskikbaar wees. Dit is propvol aktiwiteite en varser as ooit tevore.

Indien jy ‘belangstel om ‘n voorsmakie te sien, vul die vorm hieronder in:

Jy kan een van die eerste onderwysers wees om 'n voorsmakie te sien!

Posted on

Vasvra vir Valentynsdag

Muisneste behoort nie die rede te wees waarom jou klas nie Afrikaans oefen nie! Toets jou leerders se kennis oor die liefde met Woemaboeke se gratis vasvra!

Wenke aan onderwysers:

  • Jy kan jou klas in spanne opdeel.
  • Jou klas mag die antwoorde net in Afrikaans bespreek.
  • Almal in ‘n span moet saamstem oor die antwoord.

Laai jou gratis PDF (en memo!) hier af: Valentynsdag-vasvra

Vir ‘n gratis woordsoek, gaan loer hier.

Lees hier vir 6 wenke om jou klas op ‘n kreatiewe manier te inspireer in ‘n moderne  era.

 

Posted on

Help jou leerders maklik lees met hierdie 10 wenke

Het jy geweet lees het baie voordele?

Lees is nie net lekker nie, maar wetenskaplike navorsing het ook bewys dit kan jou meer empaties maak. Deur te lees, leer jy hoe om in ander mense (karakters) se skoene te staan.

As jy al deur kinderboeke geblaai het, weet jy ook hoe boeke jou verbeelding kan prikkel! 

Lees hou soveel voordele en nog meer in. Daarom is dit die moeite werd om moeite te doen om jou leerders te help om maklik te lees. Hier is 10 wenke:

  1. Lees die teks meer as een keer deur.

Lees die teks rustig deur. Kry ‘n gevoel waaroor die teks gaan. Lees die teks ‘n tweede keer deur. Ontleed nou die teks in fyner detail. Vra jou leerders om die woorde te onderstreep wat hulle nie verstaan nie. Hou nou die woordeboeke naby. Voor jou klas onbekende woorde opsoek, vra leerders om te “raai” wat die woorde beteken. Kyk vir leidrade in die res van die paragraaf. Wanneer julle die teks vir die derde keer lees, sit julle die legkaartstukke saam. Die nuwe inligting help om nou meer sin te maak. 

  1. Gebruik leidrade uit die konteks van die teks.

Lees jy ‘n koerantartikel, gedig of dialoog? Kennis van die tipe teks wat jy lees, kan leidrade gee wanneer jy lees. Byvoorbeeld:

  • Watter deel van die teks is belangrik? Waarop moet daar gefokus word?
  • Die voorspelling van die definisies van woorde
  1. Lag!

Humoristiese teks maak lees lekker. Dit help ook dat lesers gemaklik en gewillig is om nuwe woorde te leer.

  1. Lees hardop.

Vra jou klas om woorde hardop te lees. Só kan jy agterkom waar woorde verkeerd gelees word. Jou leerders kry ook ‘n kans om die teks te hoor.

  1. Lees in groepe.

Soms is leerders skaam. Kleiner groepe maak dit dan makliker om selfvertroue op te bou.

  1. Lees ʼn verskeidenheid genres.

Deur jou leerders aan ‘n verskeidenheid tipes tekste bloot te stel, kan hul besluit in watter teks hul die meeste belangstel.

  1. Maak lees pret.

Gebruik verskillende stemme wanneer jy vir jou klas voorlees. Kry twee leerders om dialoë “op te voer”. Lees buite onder ‘n boom in plaas van in die klas.

  1. Motiveer jou klas.

Leerders lees dalk nie almal ewe vinnig nie, maar aanhouer wen! Jou rol as onderwyser sluit in om jou leerders aan te moedig.

  1. Stel belang.

Vra vrae oor die teks na elke paragraaf en maak seker jou hele klas verstaan wat sopas gelees was. 

  1. Wissel jou tekste

 Lees maklike tekste, maar ook meer uitdagende tekste. 

Het jy geweet?

Woemaboeke het ten minste twee oorpronklike tekste per module in elke Teks- en Werkboek vir lekker leesgeleenthede. Kyk gerus hier vir voorbeelde van die titels: https://www.woema-dev.com/die-afrikaanse-klas/
 

Posted on

Hallo 2023 …

Die jaar is in volle gang en die span by Woemaboeke is opgewonde. ‘n Nuwe jaar beteken nuwe geleenthede en nuwe uitdagings!

Hier is vyf wenke wat jou mag help om ‘n suksesvolle nuwe jaar te hê:

1. Maak ‘n lys van die dinge waarvoor jy dankbaar is. Volgens Forbes kan ‘n dankie-lys jou uitkyk op die lewe verander, jou gemoed verbeter en jou meer laat glimlag.

Noem sommer nou drie dinge op waarvoor jy dankaar is.

2. Skryf spesifieke doelwitte vir 2023 neer. Daar is ‘n aanhaling wat lui: “Droom daarvan en laat dit dan gebeur …” 

3. Dink na oor die lesse wat jy in 2022 geleer het, maar moenie daarop tob nie. 

4. Gooi weg, pak weg, skenk. Maak seker die spasies inspireer jou om die doel te dien waarvoor dit bedoel is. Vir plakkate in Afrikaans wat jou klas se mure in ‘n japtrap kan ophelder, kyk hier: https://store.woemaboeke.com/store/category/woemaboeke-posters.

5. Organiseer jou dagboek. Deeglike beplanning spaar tyd en skep kalmte. Hier is die skoolkwartale vir 2023: https://www.gov.za/about-sa/school-calendar#2023

Waarvoor wag jy?

 
Posted on

Woemaboeke is 10 jaar oud : Kompetisiereëls

Hier volg die bepalings en voorwaardes vir die kompetisies wat Woemaboeke in September 2022 op Facebook deel:

Reëls

1. Die volgende mense mag nie aan die kompetisies deelneem nie: ’n eienaar, lid, vennoot, werknemer of agent vir of konsultant van Woemaboeke of die promotor (enigiemand wat regstreeks of onregstreeks reklame vir die kompetisie maak, dit borg, organiseer of bestuur, of tot wie se voordeel die kompetisie gepromoveer, geborg, georganiseer of bestuur word) of enige verskaffer van goedere of dienste wat met ’n kompetisie verband hou.
2. Woemaboeke se kompetisie is slegs vir onderwysers.
3. Die kompetisie reeks vir Woema se verjaarsdag begin op 12 September 2022. Al die wenners sal teen 28 September 2022 op Woemaboeke se Facebook-bladsy bekend gemaak word.
4. Jy kan nie in aanmerking kom om ’n kompetisie te wen indien jy ’n kompetisie gewen het wat ons in die afgelope drie maande gepromoveer het nie.
5. Dit is jou verantwoordelikheid om te verseker dat enige inligting wat jy aan ons verskaf akkuraat, volledig en op datum is.
6. Die wenner stem toe dat sy/haar naam, biografiese besonderhede en betrokkenheid by die kompetisie aan die borge beskikbaar gestel word vir reklame- en prysafleweringsdoeleindes.
7. Die wenner benut die prys op hul eie risiko. Woemaboeke kan nie aanspreeklik gehou word vir enige verlies, skade, persoonlike beserings of dood wat spruit uit enigiemand se nalatigheid (waaronder, maar nie beperk nie tot growwe nalatigheid) wanneer die prys aanvaar of gebruik word nie.
8. Daar word aanvaar dat deelnemers dié reëls aanvaar en deur middel van inskrywing instem om by die reëls te hou. Hierdie reëls is wettig en bindend vir deelnemers.
9. Tensy anders vermeld, word net een inskrywing per persoon toegelaat.
10. Die wenner benut die prys op hul eie risiko. Woemaboeke kan nie aanspreeklik gehou word vir enige verlies, skade, persoonlike beserings of dood wat spruit uit enigiemand se nalatigheid (waaronder, maar nie beperk nie tot growwe nalatigheid) wanneer die prys aanvaar of gebruik word nie.
11. Daar word aanvaar dat deelnemers dié reëls aanvaar en deur middel van inskrywing instem om by die reëls te hou. Hierdie reëls is wettig en bindend vir deelnemers. Jy staan slegs in aanraking om te wen indien jou antwoord korrek is, en jy die volgende stappe voltooi het:
12. Die wenner sal verwittig word deur middel van die kontakbesonderhede wat aan ons verskaf is. Indien ons of ’n derdeparty verskaffer nie ’n wenner binne sewe werkdae van die eerste kennisgewing van Woemaboeke in die hande kan kry nie, sal die wenner die prys verbeur en Woemaboeke behou die reg voor om ’n nuwe wenner onder dieselfde toestande aan te wys. Woemaboeke behou ook die reg om nie ‘n wenner aan te kondig nie.
13. Indien jy ’n prys wen wat deur ’n derdeparty verskaffer voorsien word, sal die verskaffer jou kontak om die ontvangs daarvan te reël. Alle korrespondensie insake die prys moet aan die verskaffer van die prys gerig word. Woemaboeke sal nie verantwoordelik wees vir enige verdere korrespondensie, nadeel, skade, verlies of eis met betrekking tot die verskaffing van enige element van die prys nie.
14. Ons en ons derdeparty verskaffers, wat ook al die geval mag wees, behou die reg voor om die kompetisie en enige pryse, of enige aspek daarvan, te enige tyd sonder kennisgewing te verander, uit te stel, af te stel of te kanselleer indien daar ’n rede is wat ons noop om dit te doen. In die geval van so ’n variasie, uitstelling, afstelling of kansellasie stem jy in om enige regte, belange en verwagtings wat jy ingevolge die kompetisie het, prys te gee en om erkenning te gee dat jy dit nie van ons, ons filiale en derdeparty verskaffers sal verhaal nie.
15. Woemaboeke en die beoordelaars se besluit oor enige kwessie wat met die kompetisie verband hou of uit hierdie bepalings en voorwaardes spruit, is finaal en bindend en geen korrespondensie sal daaroor gevoer word nie.

Sterkte!