Posted on

Het jou matrieks hulle verlede tyd onder die knie?

Vrydag 13deMoenie dat jou matrieks Vrydag die 13de as ‘n verskoning gebruik omdat hulle nie hul verlede tyd reëls ken nie.

Kliek hier om ‘n verlede tyd oefening met sinne oor bygelowe af te laai en doen so ‘n bietjie drilwerk met jou klas.

Min lus vir verlede tyd op ‘n Vrydag?

Gebruik die gedig hieronder om jou klas se belangstelling oor die onderwerp van bygelowe te prikkel, dit is ‘n lekker ysbreker om die les mee te begin.

Klaar met die oefening? Laai die memo hier af.

Maar eers, ‘n ysbreker:

 

 

Posted on

Goeie klaskamerbestuur is nodig vir suksesvolle onderrig

Is jou klas se wiele geolie?

Strategieë vir effektiewe bestuur is deurslaggewend om te help dat lesse glad verloop en ‘n positiewe ruimte te skep om in te leer.

Hier volg ʼn paar wenke vir effektiewe klaskamerbestuur:

Continue reading Goeie klaskamerbestuur is nodig vir suksesvolle onderrig

Posted on

Met wie sal jy jou melktert deel?

Melktert is só Afrikaans soos rooi vellies en langarmsokkies.

As jy Afrkaans is, het jy daarmee grootgeword.

En vandag word daar sommer ‘n dag aan die liewe melktert opgedra. Bemarkingsfoefie?

Dalk, maar dit het my aan my verhouding met die stukkie erfenis laat dink …

 
[column col=”1/2″]

1. Yskas of gebak?

Melktert kan hoofsaaklik op twee maniere geskep word, gebak of die yskasweergawe. Hierdie brokkie inligting kan jou baie slim laat klink wanneer jy jou eerste damestee bywoon en jy nog nooit jou eie melktert voorberei het nie.

2. Die gekoopte melktert

Die gekoopte melktert is in die tradisionele vrou se oë sonde. Die meeste van ons sal nie hardop bely dat ons al op die laaste nippertjie op ‘n Sondagoggend ‘n melktert by ‘n tuisnywerheid gekoop het nie.

3. Die kerkbasaar se melktert

Afrikaanse mense hou van basaar hou. Tombola, pannekoek en die poedingtafel is ‘n moet. Dit kan wees dat die basaar elke keer op die warmste dag van die jaar gehou word, maar ongelukkig is die kerbasaars se melktert nog elke keer net té loperig.

4. Die Engelse-tannie se melktert

Hierdie “fabriekmelktert” steek ongelukkig nooit kers op by die Kook en Geniet se melkterte nie. Die jellieagtige tert moet liefs vinnig met ‘n koppie tee afgesluk word.

5. My ma se melktert

My ma se melktert bly die lekkerste en bly tydlose trooskos. Dit is die tipe melktert waar die tweede sny nog lekkerder proe! Haar resep is nie ‘n geheim nie en sy gee dit maklik as jy daarvoor vra. Maar om die kuns van haar melktert te vervolmaak lê waarskynlik in die liefde wat daarin gaan wanneer sy dit bak.

6. Die perfekte resep

Melktertrespete kan versamel word soos met enige skat. My vriendin belowe nou al twee jaar om haar “nuwe” melktertresep te bak. Noem ‘n bekende kookboek se melktertresep en iemand sal vir jou sê hoekom ‘n sekere webblad se resep weer beter gaan werk.

Vandag is nasionale melktertdag.
Met wie sal jy jou melktert deel?

[/column]

 

melktert deel

Posted on

Eskom kan by jou kom kers opsteek!


Een van die KABV-vereistes vir Afrikaans Addisionele Taal is dat leerders praktiese aanwysings of instruksies moet kan volg.

[column col=”1/2″]

Wees kreatief en moedig jou klas aan om ook die produk waaroor hul die aanwysings lees, suksesvol te skep.

Só sal die leerder voel hul kry die figuurlike goue sterretjie op die voorkop en dat hul addisionele taal prakties toegepas word.

Jy kan gerus uit enige praktiese tydskrif of op die internet vir doen-dit-self projekte soek en dit dan in eenvoudige Afrikaans vir jou klas oorskryf.

Hieronder is ‘n aktiwiteit met aanwysings wat leerders prakties kan doen om die kwartaal mee af te skop:[/column]

 

Continue reading Eskom kan by jou kom kers opsteek!