Posted on

Wen R500 met Woemaboeke

Hierdie maklike kompetisie vir alle leerders van Graad 7-12 beloof om vol pret te wees.

Die sluitingsdatum is 30 Maart 2017 – lekker sakgeld vir die vakansie!
Vertoon dit op die skerm in die klas (dit sal leerders 5 minute neem om in te vul) of maak kopieë om aan die leerders uit te deel deur die PDF hier af te laai.
Ons moedig u aan om u leerders bewus te maak van die kompetisie.

Lees hier vir volledige terme en voorwaardes.

Posted on

Skryf kreatief: Les 2

Skryf kreatief met ‘n waatlemoen-vergelyking

As jy gereeld ons webblad volg, behoort jou leerders die volgende te kan doen:

1. ‘n Stelsin met behulp van STOMPI korrek te skryf.
2. Die lengte van sinne in ‘n opstel te wissel.

Vandag fokus ons op die onderwerp van kreatiewe skryfwerk. Dikwels skryf leerders oor te veel oomblikke van ‘n verhaal en fokus nie op ‘n spesifieke moment nie. Help jou leerders om eerder op een oomblik te fokus deur die onderwerp met ‘n waatlemoen te vergelyk. Gebruik die waatlemoen-vergelyking hieronder om jou leerders toe te rus om die onderwerp van kreatiewe stelwerk op ‘n praktiese manier aan te pak. Kliek op die plakkaat hieronder om ‘n A4-grootte af te laai.

Die waatlemoen-vergelyking werk só :

– Vergelyk die groter onderwerp met ‘n waatlemoen, bv. My vakansie.
– Vergelyk ‘n meer spesifieke onderwerp van jou verhaal met ‘n skyfie uit hierdie waarlemoen, bv. ‘n Uitstappie na die strand.
– ‘n Pit in die waatlemoenskyfie word met ‘n fokusoomblik vergelyk, bv. Ons bou ‘n sandkasteel.

Hoe onderskei ons tussen die drie dele van die waatlemoen?

Die waatlemoen is ‘n algemene onderwerp en dikwels die onderwerp wat aan jou leerders gegee word om oor te skryf.
Die waatlemoenskyfie kan meer as een oomblik hê, baie detail bevat en is baie breed en minder gefokus.
Die waatlemoenpit is baie spesifiek, fokus op een oomblik van die vertelling en vertel die belangrikste deel van ‘n storie.

Hier is nog voorbeelde:

Posted on

Skryf kreatief: Les 1

Hierdie sin het vyf woorde

Verlede maand het ons leerders gewys om stelsinne met die STOMPI-reël te skryf. Een manier om skryfwerk lewendig te maak, is om stelsinne se lengte af te wissel.

Lees gerus die teks op die plakkaat “Hierdie sin het vyf woorde” vir jou klas. Dit illustreer hoe die afwisseling van die lengte van sinne in hul skryfwerk hul kreatiwiteit kan laat blom.

Soms is korter sinne nodig. Soms moet jy langer, meer komplekse sinne gebruik.

Dit is ook ‘n goeie idee om die A4-grootte plakkaat hier af te laai. Plak dit op jou klaskamermuur sodat jou klas hieraan herinner kan word.

Hou ons webblad dop vir nog wenke hoe om kreatief te skryf.

Posted on

Nuusbrief Feb 2017


• GRAAD 8-AANLYNKURSUS
• KOMPETISIE VIR LEERDERS
• NUUT OP DIE RAKKE
• WOEMA GRAAD 7 SE RESENSIE IN DIE ISASA-TYDSKRIF

Beste Onderwyser
Baie dankie vir al die positiewe terugvoer oor Woemaboeke! Ons hou julle graag op hoogte van Woemaboeke se planne vir 2017.
Woemaboeke het die jaar met nuwe buiteblaaie afgeskop. Ons hoop julle hou van hierdie vars verandering. Die inhoud is steeds dieselfde.

GAAN LOER NA ONS WEBBLAD VIR INSPIRASIE
Ons webblad het onlangs ‘n nuwe baadjie aangetrek. Gaan kyk gerus hier vir idees, hulpbronne en inspirasie vir jou Afrikaanse klasse. Ons wens is dat die gratis oefeninge, skyfies, begripstoetse ens. jou taak as onderwyser net ‘n bietjie makliker sal maak!

GEE JOU KLAS ‘N HUPSTOOT MET DIE GRAAD 8-AANLYN KURSUS
Ons Graad 8-aanlynkursus sien hierdie jaar amptelik die lig. Die kursus word hierdie jaar deur ‘n nuwe IT-ondersteuningspan bestuur. Die inhoud word steeds deur die Woemaspan geskep. Skole is welkom om lisensies te koop. Die kursus is op die inhoud van die Woemaboek gegrond.

LEES WOEMA SE RESENSIE IN MAARTMAAND IN DIE ISASA-TYDSKRIF
Wees gerus op die uitkyk vir die Graad 7-Woemaboek se resensie wat in die Maart-uitgawe van die ISASA-tydskrif gepubliseer gaan word. Het jy dalk die Woema Graad 12-resensie gemis? Lees dit hier.

ONS TWEEDE WOEMABOEK VIR LAERSKOLE IS IN 2018 BESKIKBAAR
Die Woema-span is tans hard besig om aan die Graad 6-Woemaboek te werk. Die splinternuwe boek word in 2018 uitgegee. Stuur gerus ‘n e-pos na [email protected] indien jy ‘n voorbeeldkopie wil leen sodra Woema Graad-6 beskikbaar is.

PROBLEME OM WOEMABOEKE TE BEKOM
Indien u enige probleme het om Woemaboeke by boekhandelaars te bekom, kontak ons asselief by [email protected]. Ons sal dit met die boekhandelaar opvolg.

[column col=”1/2″]

WOEMABOEKE KOMPETISIE
Addisionele taal sprekers het dikwels so bietjie motivering nodig. Ons eerste kompetisie van die jaar skop op 28 Februarie af.
Drie gelukkige leerders staan ‘n kans om R500 elk te wen.
Hou ons webblad en Facebook dop vir meer besonderhede.

[/column]

[column col=”1/2″]

[/column]

Kontak ons gerus vir enige navrae, kommentaar of terugvoer oor Woemaboeke
Baie sterkte met die kwartaal!

Vriendelike groete,
Die span by Pikkie Publikasies

0860 99 5100

Posted on

Newsletter Feb 2017

• UPDATED COVERS
• GRADE 6 WOEMA BOOK OUT IN 2018
• LOOK OUT FOR OUR NEW PRICE LIST IN MAY 2017

Good day

Thank you for supporting Woema Books. We would like to give your more information about what to expect in 2017 from Pikkie Publishers.

NEW COVERS – NO CONTENT CHANGES
Our books have new covers as you might have noticed, but there are no content changes. No content changes will be made in 2017.

WOEMA GRADE 6 OUT IN 2018
Our Woema Grade 6 text- and workbook will be ready in 2018.

NEW PRICE LIST
Look out for our new price list with prices valid from June 2017 – July 2018. We will be sending this list out in May. Please contact us if you don’t receive yours.

READ A REVIEW OF OUR GRADE 7 WORKBOOK IN THE MARCH ISASA ISSUE
We are looking forward to a review of the Grade 7 Woema Book in the March ISASA issue. If you missed the review of the Grade 12 Woemabook, read it here.

WOEMA TEACHER GUIDES
Please remember to order your copies of the Woema Teacher Guides. We have had queries from customers who cannot get hold of these aids because it’s “not on the shelves of retailers.” It’s an easy up sell!

Please feel free to contact us at any time. Good luck with 2017!

Kind regards,
The team at Pikkie Publikasies
0860 99 5100

Posted on

Hoe vorder jou klas met die STOMPI-reël?

Het jy jou PDFs oor STOMPI goed hersien?

Ken jou klas die akroniem?

Indien jy nog nie jou PDFs afgelaai het nie, doen dit gou hier: Les 1 en Les 2.

Nou tyd vir ‘n bietjie drilwerk!

Kry jou STOMPI-oefening hier – antwoorde volg Donderdag.

Oefen, oefen, oefen! Woemaboeke glo aanhouer wen. Vind meer STOMPI-oefeninge in die Woemaboeke-reeks.

Posted on

Hoe skryf ons ‘n stelsin korrek in Afrikaans? (Les 1 van 2)

Afrikaans Addisonele Taal sprekers vind dit dikwels uitdagend om sinne in die korrekte woororde te skryf. Een moontlike oplossing is om jou leerders die STOMPIreël te leer. STOMPI is ‘n akroniem waar elke letter vir ‘n deel van ‘n sin staan.

Laai gerus die eerste vier PDF-skyfies van die STOMPI-les hier af:

PDF 1

PDF 2

PDF 3

PDF 4

Skyfie 5-7 volg hierdie Donderdag. Maak seker jou klas ken STOMPI goed, want volgende week volg ons op met ‘n STOMPI-oefening.