
Author: Cecile
Woeker met woorde: Woema

Woemaboeke gee Afrikaans Eerste Addisionele Taal woema!
Wat beteken dit?
Woemaboeke maak jou entoesiasties oor Afrikaans!
Met Woemaboeke sal jy jou Afrikaans geesdriftig aanpak!
Laai jou PDF hier af.
New School, New Challenge!
Attention Grade 8’s: Want to improve your Afrikaans marks?
Woema can help…

Download the quiz here.
Contact us for more information on our Grade 8 Online Course today!
Leerders het vanaf 2018 net 10% nodig om Afrikaans te slaag.
[column col=”1/2″]
Het ons julle geflous?
Vandag leer ons om nie alles vir soetkoek op te eet nie!
Ons hoop op die 1ste April het julle nie alles geglo wat mense vir julle vertel het nie… Julle wil tog nie ‘n Aprilgek genoem word nie!
Ons hou baie van die streep wat King’s College in Londen in 2014 vir almal getrek het. Hulle wêreldbekende koor het in ‘n YouTube opname aangekondig dat sekere regulasies dit onmoontlik maak om jong seuns in die koor te hê. Hulle is gedwing om alternatiewe metodes te vind om die hoë toonhoogte van hulle preadolessente stemme na te aap.
Nadat navorsing gedoen is, het die Chemie Departement ‘n oplossing voorgestel… gebruik helium!
Kyk gerus hier na die lawwe videouittreksel en lag lekker saam.
Vra vir jou klas met watter Aprilgek-grappe hulle al geflous is.
*Druk gerus die idioom hier in A4-grootte uit en gebruik dit in die klaskamer.
** Hulpbronne: hoaxes.org
[/column]
[column col=”1/2″]
[/column]
Hier is ons wenners!
Dankie aan almal wat deelgeneem het!
Hier is ons drie gelukkige wenners:
- Jenna Koen van De La Salle Holy Cross College
- Cara de Heus van Bridge House
- Georgia Marais van St. Andrew’s School for Girls
Julle wen elkeen R500!
Hou julle e-pos dop vir ‘n boodskap van Woemaboeke.
Die antwoord was natuurlik: Die Graad Ses Woema.
[column col=”1/2″]
[/column]
[column col=”1/2″]
[/column]
Pikkie Publikasie’s Mission Statement

Woordeskat: Hoe groen is jou voetspoor? Jou memo.
[column col=”1/2″]
In Woema Graad 7 se tweede tema word daar gekyk hoe om op ‘n eko-vriendelike manier te leef.
Dit is belangrik vir leerders om hul woordeskat goed te ken. Woordeskat vorm die grondslag by die aanleer van ‘n addisionele taal. Hier is verlede week se memo van die blokraai.
Het jy die blokraai gemis? Kry dit gerus hier: Woordeskat: Hoe groen is jou voetspoor?
Druk gerus die blokraai se memo vir jou klas hier uit of gooi dit op jou skerm.
[/column]

[column col=”1/2″] [/column]
Woordeskat: Hoe groen is jou voetspoor?
[column col=”1/2″]In Woema Graad 7 se tweede tema word daar gekyk hoe om op ‘n eko-vriendelike manier te leef.
Dit is belangrik vir leerders om hul woordeskat goed te ken. Woordeskat vorm die grondslag by die aanleer van ‘n addisionele taal. Ons hersien vandag die Woordeskat en Spelling-Afdeling van Woema 7 se tweede tema met ‘n blokraai.
Druk gerus die blokraai vir jou klas hier uit of gooi dit op jou skerm.
[/column]
[column col=”1/2″] [/column]
‘n Woema-wenk om wakker te bly
Dit is weer tyd om ‘n idioom te leer!
Ons hoop daar is geen leerders wat in die klas sit en “’n uiltjie knip” nie.
Hier is ‘n paar redes waarom leerders soms in die klas slaap:
- Hulle bly te laat wakker. Sit die TV en rekenaarspeletjies af en bly weg van sosiale media voor slaaptyd.
- Hulle het gesondheidsprobleme of slaapversteurings.
- Die leerders is verveeld met die tempo van klasaktiwiteite.
- Daar is ouer-kind konflik in die gesin.
- Die leerders mag dalk honger wees.
- Jy gebruik nie Woemaboeke in jou klas nie.
[space height=”HEIGHT”]
Hou jou klas só wakker…
Speel ‘n vinnige ronde van “Doen dit, doen dat” om jou klas se aandag te behou. Dit is die Afikaanse weergawe van “Simon Says”. Kry jou Woemaboeke hier (as jy nog nie het nie) om jou klas met vars en kreatiewe inhoud wakker te hou en sommer ook hul woordeskat te toets!
Druk gerus die idioom hier in A4-grootte uit en gebruik dit in die klaskamer.
Hulpbronne: edutopia.com
Skryf Kreatief: Les 3
Gebruik beeldspraak en verryk jou skryfwerk.
Beeldspraak is illustrasies wat gewoonlik in slegs ’n paar woorde beskryf kan word. Wanneer dit sorgvuldig gekies word, is dit merendeels selfverduidelikend. Vergelykings en metafore is voorbeelde van beeldspraak.
Vergelykings is die eenvoudigste vorm van beeldspraak. In ‘n vergelyking is daar ‘n duidelike ooreenkoms tussen die onderwerp en iets totaal anders. Dit sê dat iets soos iets anders lyk, klink of voel. ‘n Vergelyking kan dus ook aan die woord soos uitgeken word:
• ‘n Geheue soos ‘n olifant
• Net so giftig soos ‘n geitjie
• Sy mond is so glad soos seep
Metafore vestig ook die aandag op ’n ooreenkoms tussen twee dinge wat grootliks van mekaar verskil. Metafore is egter kragtiger as vergelykings. Dit praat van die een ding asof dit die ander een is, en sodoende gee dit een of ander eienskap van die een aan die ander:
• Hy is ‘n vark
• “Jou klein duiweltjie!”
• Sy is ‘n juweel.
Paragraaf 1
Annie val. Jan het haar gepootjie toe sy haar stoel uittrek om te gaan sit. Nou soek juffrou Marais die skuldige persoon. Ek wonder wat sal sy dink as sy weet dat dit Jan is. Juffrou hou die meeste van hom. Ons ken almal vir Jan. Hy is nie wie hy voorgee hy is nie.Paragraaf 2
Ons gebruik ‘n vergelyking en ‘n metafoor:
Annie slaan soos ‘n os neer. Jan het haar gepootjie toe sy haar stoel uittrek om te gaan sit. Nou soek juffrou Marais die skuldige persoon. Ek wonder wat sal sy dink as sy weet dat dit Jan is. Hy is juffrou se witbroodjie. Ons ken almal vir Jan. Hy is nie wie hy voorgee hy is nie.[column col=”1/3″]
[/column][column col=”1/3″]
[/column][column col=”1/3″]
[/column]
Het jy ons vorige lesse oor kreatiewe skryf gemis?
Laai dit hier af:



