Posted on

Die rooi gevaar in jou pennesakkie!

‘n Studie* in Amerika het bevind dat wanneer ‘n rooi pen vir merkwerk gebruik word, studente ‘n negatiewe uitkyk op hul punte kan hê. Hierdie helder kleur mag as gemeen gesien word.

Waarom gebruik onnies rooi?
Rooi word deur die jare vir merkwerk gebruik omdat dit helder en leesbaar is. Rooi kommentaar op ‘n leerder se toets sorg ook dat verbeteringe en kommentaar makliker raakgesien word.

Kommunikasie is belangrik.
‘n Skool in Engeland het onnies verbied om rooi penne te gebruik. Onnies is aangeraai om eerder in groen ink te merk. Leerders moes dan met pers penne reageer. Die idee was om ‘n positiewe gesprek tussen leerders en onnies aan te moedig. Onnies is verder gevra om twee tot drie positiewe opmerkings aan die einde van vraestelle te skryf.

Moenie SKREEU nie!
Kommunikasie verander daagliks. Hoofletters kan as ongeskik gesien word omdat dit lyk of die skrywer skreeu. Volgens bogenoemde navorsing het rooi penne nou dieselfde status gekry.

Is jou hande vol rooi ink?
Daar is baie opinies oor bogenoemde siening, maar wat dink jy? Is dit ‘n positiewe versterking of beskerm ons ons leerders teen die harde realiteite van die lewe?
Laat weet ons wat jy dink!

*Om meer van Richard Dukes en Heather Albanesi se studie te lees, kliek hier.
Bronne:
Phys.org
Dailymail.co.uk 

Posted on

Tradisioneel Afrikaans: Malvapoeding

Die koue wintermaande bring ‘n eetlus vir alles soet en vertroostend.

[column col=”1/2″][/column]

[column col=”1/2″]

Malvapoeding het ‘n interessante geskiedenis. Navorsing bewys dat dit ‘n Kaap-Hollandse dis is. Malva het sy oorsprong van die gebruik van Malvaceawyn van Madeira af. Die nagereg en die nageregwyn is saam bedien na ‘n maaltyd om die Kaap-Hollandse tafels. Hierdie beroemde poeding het in 2006 op die Oprah Winfrey webwerf verskyn nadat dit bedien is by ‘The Oprah Winfrey Leadership Academy’ se eerste Kersfeesviering.
Die soet nagereg kan selfs met brandewyn gemaak word – in Engels staan dit bekend as ‘n “Tipsy tart”.

Kry vinnig die bestanddele bymekaar en proe self waaroor mense so gek is.

 

[/column]

Hulpbronne:

Bitten

Huisgenoot

Oprah

 

Posted on

Leerders het vanaf 2018 net 10% nodig om Afrikaans te slaag.

[column col=”1/2″]

Het ons julle geflous?

Vandag leer ons om nie alles vir soetkoek op te eet nie!

Ons hoop op die 1ste April het julle nie alles geglo wat mense vir julle vertel het nie… Julle wil tog nie ‘n Aprilgek genoem word nie!

Ons hou baie van die streep wat King’s College in Londen in 2014 vir almal getrek het. Hulle wêreldbekende koor het in ‘n YouTube opname aangekondig dat sekere regulasies dit onmoontlik maak om jong seuns in die koor te hê.  Hulle is gedwing om alternatiewe metodes te vind om die hoë toonhoogte van hulle preadolessente stemme na te aap.

Nadat navorsing gedoen is, het die Chemie Departement ‘n oplossing voorgestel… gebruik helium!

Kyk gerus hier na die lawwe videouittreksel en lag lekker saam.

Vra vir jou klas  met watter Aprilgek-grappe hulle al geflous is.

*Druk gerus die idioom hier in A4-grootte uit en gebruik dit in die klaskamer.

** Hulpbronne: hoaxes.org

[/column]

[column col=”1/2″][/column]