Posted on

Hoe om ‘n woordeboek te gebruik

Die meeste leerders (en ongelukkig volwassenes ook) weet deesdae nie meer hoe om ‘n woordeboek te gebruik nie. Of is dit miskien ‘n geval waar ons eenvoudig te lui geword het om ‘n woord na te slaan?

Hier is ‘n oefening wat vir jou klas selfvertroue sal gee om hulle woordeboeke te gebruik. Hierdie oefening is op die junior grade gemik, maar senior klasse sal net soveel daarby baat vind.

Laai die oefening hier af.

Laai die memorandum hier af.

Ken jy jou woordsoorte?
Kyk hier vir ‘n plakkaat spesifiek oor woordsoorte. Dit sal jou help om jou woordeboek te gebruik as jy jou woordsoorte ken!

Posted on

Ken jou leerders hul woordstruksture?

Geniet hierdie oefening saam met jou  Graad 10-12 leerders om hul woordstrukture vir die volgende toets of eksamen te oefen.

Só maak jy:

1. Maak ‘n fotostaat van die oefening vir elke leerder. Laai dit hier af.

2. Deel die klas in spanne van vier op. (Maak seker daar is sterk leerders in elke span om dit kompeterend te maak.)

3. Lees die instruksies saam met die leerders. Verduidelik die reëls.

4. Besluit hoeveel tyd die leerders het om die dertig vrae te beantwoord.

5. Wanneer die tyd verstreke is, kry elke span ‘n kans om hul antwoorde te lees. Punte word toegeken.

Kry jou memo hier.

 

Het die oefening jou klas gehelp?

Dan sal jou klas dalk ook by die volgende speletjies baat:

 

 

 

 

Posted on

Alles oor my pa

Hierdie kreatiewe skryfoefening vir Graad 3 - 12 leerders kan aangepas word vir elke graad. Ons wys jou hoe ...

1. Laai jou gratis PDF hier af.

2. Maak vir elke leerder ‘n afskrif van die oefening.

3. Die instruksies staan op die PDF vir elke leerder, bv.

  • My pa is op sy gelukkigste wanneer hy …
  • My pa is die beste pa in die wêreld, want hy …
  • My pa hou van …
  • My pa hou nie van …

4. Gee jou klas tyd om die sinne te voltooi.

5. Maak dit makliker vir die laer grade:

  • Skryf sleutelwoorde op die bord vir die laer grade. 
  • Sluit die Engelse vertaling in vir jou klasse wat sukkel. Hier is ‘n paar voorbeelde:

    vader – dad
    sterk – strong
    gaaf – friendly
    oefening – exercise
    gunstelling – favourite
    held – hero

  • Skryf die akroniem STOMPI op die bord as jy weet jou klas sukkel met woordorde.

Sukkel jou klas met woordorde? Hier is twee STOMPI-oefeninge wat kan help:

Les 1

Les 2

‘n STOMPI-Plakkaat mag ook help om die reël vir jou klas te leer! 

Posted on

Woema Woord “Bingo”

Grondslagfase onderwysers, hier is ‘n gratis speletjie om jou klas speel-speel aan die spel te kry.

Woema Woord Bingo

Reëls:

  1. Verdeel jou klas in twee spanne op.
  2. ‘n Leerder van span een rol die dobbelsteen.
  3. Vra ‘n spanmaat om die onderste woord in dieselfde kolom as die getal wat die leerder gerol het, te lees .
  4. Die leerder skryf dan die woord oor op die klas se bord of ‘n papier. As die leerder die woord reg gespel het, trek ‘n kruis deur die woord. Dit is dan span twee se beurt om die dobbelsteen te rol en dieselfde proses te volg.
  5. Die eerste span wat al die woorde reggespel en doodgetrek het, is die wenners.

Jy kan ook die leë patroon hier aflaai en jou eie woorde gebruik om die speletjie aan te pas vir jou leerders se eie vlak.

Jy benodig:

Lekker Speel (Spel)!

Posted on

Moedersdag idees – ‘n aktiwiteit

Ma, Moeder, Mamma, Tannie, Oumie, Nanna. Maak nie saak wat jy haar noem nie, die wonderlike vrou in jou lewe verdien om spesiaal te voel op Moedersdag.

Volg hierdie instruksies vir die aktiwiteit:

  1. Druk die plakkaat hieronder uit en deel die idees met jou klas.
  2. Maak seker hulle weet wat elke idee beteken.
  3. Vra die leerders om ‘n idee te kies waarmee hulle hulle ma op Moedersdag wil bederf.
  4. Leerders moet ook sê waarom hulle hul ma lief het.

Laai jou plakkaat gratis hier af.

 

 

Posted on

Wen 30 Woemaboeke ter waarde van R8 500,00 en R1 500,00 kontant vir jou skool!

Die kreatiewe reeks Teks- en Werkboeke vir Afrikaans Eerste Addisionele Taal toer hierdie maand die land vol. Ons vir graag insiggewende terugvoer kry van onderwysers oor ons produkte. Onderwysers wat nog nie die Woemaboeke ken of gebruik nie, kan ook inskryf. Laat weet ons, dan stuur ons vir jou ‘n stel proefboeke om na te kyk. Ons reeks is beskikbaar vir Graad 3-12.

Vul die inskrywingsvorm hieronder in om te wen.
Jy kom slegs in aanmerking om te wen indien jy die volle inskrywingsvorm voltooi het.

Die wenner sal op 9 Junie op ons Facebookblad bekend gemaak word.

Hier volg die bepalings en voorwaardes vir die kompetisie wat Woemaboeke in Mei 2023 op Facebook deel:

  1. Die volgende mense mag nie aan die kompetisies deelneem nie: ’n eienaar, lid, vennoot, werknemer of agent vir of konsultant van C. Smith t/a Pikkie Publikasies (hierna net Woemaboeke) of die promotor (enigiemand wat regstreeks of onregstreeks reklame vir die kompetisie maak, dit borg, organiseer of bestuur, of tot wie se voordeel die kompetisie gepromoveer, geborg, georganiseer of bestuur word) of enige verskaffer van goedere of dienste wat met ’n kompetisie verband hou).
  2. Hierdie kompetisie is slegs vir Afrikaanse onderwysers wat tans skoolhou by ‘n geregistreede skool.
  3. Hierdie kompetisie begin op 2 Mei 2023. Die kompetisie sluit 31 Mei 2023. Die wenner sal op 9 Junie 2023 op Woemaboeke se Facebook-bladsy (https://www.facebook.com/Woemaboeke) bekend gemaak word.
  4. Jy kan nie in aanmerking kom om ’n kompetisie te wen indien jy ’n kompetisie gewen het wat ons in die afgelope drie maande gepromoveer het nie.
  5. Dit is jou verantwoordelikheid om te verseker dat enige inligting wat jy aan ons verskaf akkuraat, volledig en op datum is.
  6. Die wenner stem toe dat sy/haar naam, biografiese besonderhede en betrokkenheid by die kompetisie aan die borge beskikbaar gestel word vir reklame- en prysafleweringsdoeleindes.
  7. Daar word aanvaar dat deelnemers die bogenoemde reëls aanvaar en deur middel van inskrywing instem om by die reëls te hou. Hierdie reëls is wettig en bindend vir deelnemers.
  8. Tensy anders vermeld, word net een inskrywing per persoon toegelaat.
  9. Die wenner se skool benut die prys op hul eie risiko. Woemaboeke kan nie aanspreeklik gehou word vir enige verlies, skade, persoonlike beserings of dood wat spruit uit enigiemand se nalatigheid (waaronder, maar nie beperk nie tot growwe nalatigheid) wanneer die prys aanvaar of gebruik word nie.
  10. Daar word aanvaar dat deelnemers dié reëls aanvaar en deur middel van inskrywing instem om by die reëls te hou. Hierdie reëls is wettig en bindend vir deelnemers. Jy kom slegs in aanraking om te wen indien jy die volle inskrywingsvorm voltooi het.
  11. Die wenner sal verwittig word deur middel van die kontakbesonderhede wat aan ons verskaf is. Indien ons of ’n derdeparty verskaffer nie ’n wenner binne sewe werkdae van die eerste kennisgewing van Woemaboeke in die hande kan kry nie, sal die wenner die prys verbeur en Woemaboeke behou die reg voor om ’n nuwe wenner onder dieselfde toestande aan te wys. Woemaboeke behou ook die reg om nie ‘n wenner aan te kondig nie.
  12. Indien jy ’n prys wen wat deur ’n derdeparty verskaffer voorsien word, sal die verskaffer jou kontak om die ontvangs daarvan te reël. Alle korrespondensie insake die prys moet aan die verskaffer van die prys gerig word. Woemaboeke sal nie verantwoordelik wees vir enige verdere korrespondensie, nadeel, skade, verlies of eis met betrekking tot die verskaffing van enige element van die prys nie.
  13. Ons en ons derdeparty verskaffers, wat ook al die geval mag wees, behou die reg voor om die kompetisie en enige pryse, of enige aspek daarvan, te enige tyd sonder kennisgewing te verander, uit te stel, af te stel of te kanselleer indien daar ’n rede is wat ons noop om dit te doen. In die geval van so ’n variasie, uitstelling, afstelling of kansellasie stem jy in om enige regte, belange en verwagtings wat jy ingevolge die kompetisie het, prys te gee en om erkenning te gee dat jy dit nie van ons, ons filiale en derdeparty verskaffers sal verhaal nie.
  14. Woemaboeke en die beoordelaars se besluit oor enige kwessie wat met die kompetisie verband hou of uit hierdie bepalings en voorwaardes.

Sterkte!

Posted on

Weekend Discount & Festival Sale Start From This Month

Tempora fermentum, ipsam quae egestas habitant pretium pellentesque eveniet mi lorem incidunt varius penatibus, cum. Laboris? Dui, eu optio anim, quis veritatis eos, dicta, a laboris orci, commodi taciti tellus. Pretium aperiam, platea. Risus, nam deserunt do dolor impedit, cumque venenatis voluptatem? Facere ac impedit? Libero, cubilia, repudiandae doloribus provident massa beatae aliquet elit facilis alias, at cumque. Fringilla asperiores? Magnam turpis pariatur, pharetra. Dis potenti nibh magnam, fugit. Iure? Voluptate doloribus leo pharetra maxime! Laboriosam diamlorem minima! Suspendisse fringilla accusantium praesent nobis ullamcorper dolor, quas tempor ab? Dolorum totam. Tenetur, aute inceptos pariatur! Cupiditate consequuntur ipsum irure rutrum id.

Posted on

Modern Fashion Collection For Stylish People

Tempora fermentum, ipsam quae egestas habitant pretium pellentesque eveniet mi lorem incidunt varius penatibus, cum. Laboris? Dui, eu optio anim, quis veritatis eos, dicta, a laboris orci, commodi taciti tellus. Pretium aperiam, platea. Risus, nam deserunt do dolor impedit, cumque venenatis voluptatem? Facere ac impedit? Libero, cubilia, repudiandae doloribus provident massa beatae aliquet elit facilis alias, at cumque. Fringilla asperiores? Magnam turpis pariatur, pharetra. Dis potenti nibh magnam, fugit. Iure? Voluptate doloribus leo pharetra maxime! Laboriosam diamlorem minima! Suspendisse fringilla accusantium praesent nobis ullamcorper dolor, quas tempor ab? Dolorum totam. Tenetur, aute inceptos pariatur! Cupiditate consequuntur ipsum irure rutrum id.

Posted on

Heavy Discount & Sales Offer On Our Summer Season

Tempora fermentum, ipsam quae egestas habitant pretium pellentesque eveniet mi lorem incidunt varius penatibus, cum. Laboris? Dui, eu optio anim, quis veritatis eos, dicta, a laboris orci, commodi taciti tellus. Pretium aperiam, platea. Risus, nam deserunt do dolor impedit, cumque venenatis voluptatem? Facere ac impedit? Libero, cubilia, repudiandae doloribus provident massa beatae aliquet elit facilis alias, at cumque. Fringilla asperiores? Magnam turpis pariatur, pharetra. Dis potenti nibh magnam, fugit. Iure? Voluptate doloribus leo pharetra maxime! Laboriosam diamlorem minima! Suspendisse fringilla accusantium praesent nobis ullamcorper dolor, quas tempor ab? Dolorum totam. Tenetur, aute inceptos pariatur! Cupiditate consequuntur ipsum irure rutrum id.